Die verlore tier…

Die storie van die tier wat weggeraak het daar in my ou tuisdorp is snaaks en kommerwekkend…

Hoe besluit ‘n regdenkende mens om ‘n Bengaalse Tier aan te hoe?? In die eerste plek is dit ‘n wilde dier wat sowat ‘n Duisend rand per dag opeet…. R365 000 per jaar en dan is daar mense wat doodgaan van die honger reg om jou en langsaan jou… Tweedens is en bly dit ‘n wilde dier met die instinkte van ‘n wilde dier en daai instinkte gaan een of ander tyd oorneem al het jy hom hoe mak gemaak en hoe groot gemaak…

Dan is daar nie ‘n permit om die Tier aan te hou nie, ons klimaat werk nie lekker vir tiere nie en ek het al persoonlik gesien hoe die Tier sommer gou op ‘n sondagoggend in die bakkie gelaai word en by die plaaslike Spar soos ‘n skouperd geparadeer word om bietjie aandag te kry.

Ek hoop die tier word gevind, ek hoop die eienaar kry ‘n ordentlike boete en ek hoop daar word op die tier beslag gele en dat hy na ‘n plek gaan waar hy die aandag en versorging sal kry wat hy moet kry.

Terwyl ek hier skryf vertel ‘n vriendin my die ou was nou die dag by ‘n restaurant in Springs met die tier, stel jou nou voor jy gaan eet daar en jou kinders gaan kyk uit belangstelling en die tier val hulle aan!

Dis net eenvoudig verstommend!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.