Wonderwerke

Wel soos die meeste mense al weet het daar die afgelope ruk geweldige veranderinge in my lewe plaasgevind, almal van dit vir die beter. Gister het ek met my eie oe gesien hoe gebeur ‘n wonderwerk.

Sonder om in te veel details in te gaan, ek spaar dit vir ‘n ander geleentheid, wil ek se dis wanneer iets so ongelooflik en duidelik met jou gebeur dat jy en jou vriend net na mekaar kan kyk terwyl dit gebeur en jou kop in ongeloof skud en dan dink jy of dit wat besig is om te gebeur rerig gebeur…

Ek spaar die storie vir later want ek wil dit mooi verwoord en seker maak ek kry alles reg en vergeet niks want ek dink die les wat daaruit te leer is, is ‘n ongelooflike les en ek wil seker maak ek kry die feite reg.

Ek weet en verstaan net op die oomblik dat believe you me, enigiets is moontlik, jy moet dit net glo en glo my ek is besig om dit te begin glo….. ek leer vinnig!

Die sokker wereldbeker is oppad en ek begin ‘n mate van optimisme by my mede Suid-Afrikaners opmerk, ek is ‘n closet sokker fan van die groot toernooie, het nog altyd die wereldbeker met belangstelling dopgehou, dieselfde met die Europese beker en my gunsteling rondebol span is Holland, vir obvious redes, my voorvaders kom van daar af…

Die rentekoers is darem weer ‘n halfpersent af en dit behoort verligting te bring op ekonomiese gebied vir baie Suid-Afrikaners.

Intussen is ek druk besig om my reelings te tref om een of ander tyd volgende week finaal die stof van Johannesburg van my voete af te skop. Eers is daar die netelige sakie van n klein kursus wat ek vroeg volgende week moet gaan doen en dan kan ek konsentreer op die belangrike ding van trek…

Vergewe my as ek nie kans kry om almal te groet wie ek sou wou nie, daar is net eenvoudig nie tyd nie.

Tussendeur gaan ek probeer om oor die naweek vir ‘n paar vriende en familie te gaan groet!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Wonderwerke

  1. Danie says:

    Die krag van gebed! Eks bly vir jou…onthou hierdie oomblik vir wanneer daar weer moeilike tye kom, en daar sal kom, en die duiwel gaan probeer dat jy wankel, dink dan aan hierdie dag.

  2. Gideon says:

    Cheers dan bra.

    Sien jou aan die annerkant erens. Moet net nie al jou vriende in die proses vergeet nie.

    -Gideon-