voorbeelde

Een van die hoofstories in vanoggend se koerant grief my so dat ek nie aanders kan as om iets daaroor te se nie.

Twee nooddienswerkers of paramedici is verkrag en onsedelik aangerand toe hulle op ‘n noodoproep gereageer het. Dit is laakbaar, dit is verregaande en dit sal net in Suid-Afrika gebeur… maar die vraag is hoekom sal dit net in Suid-Afrika gebeur en wat kan ons doen om hierdie tipe ding hok te slaan…. en dan moet ek tot my skok erken daar is niks wat ons daaraan kan doen nie.

As ons wil begin om hierdie tipe ding aan te spreek moet dit van bo af kom en die eenvoudige waarheid is dat dit nie gaan gebeur nie. Iemand soos president Jacob Zuma wat veronderstel is om die voorbeeld te stel aan die massas, skitter in sy afwesigheid as rolmodelle vir Suid-Afrikaners voorgehou word.

Hoe kan iemand soos Zuma dit veroordeel wanneer sulke dinge plaasvind, hy wat losbandigheid van voor af lei met sy vyf vrouens en 36 kinders, hy wat in die hof was vir verkragting en toe op rekord is waar hy gese het die vrou was “reg” gewees vir hom en hy kon haar nie “net so laat staan nie”.

Hy wat sopas ‘n buite egtelike verhouding met Irvin Khoza se dogter gehad het waaruit ‘n buite egtelike baba verwek is. Hy wat president van die land is en onbeskermde seks voorstaan en ‘n kampvegter vir tradisionele Zoeloe kulture wat uit die middeleeue dateer en waar vrouens weinig rgte het…

Dan raak mens moedeloos en besef dat die volk wat gelei word deur mense soos Zuma en Malema is op ‘n neverending road to nowhere…. die geveg teen misdaad MOET, soos enige plek in die wereld, ‘n gesig he….. die gesig van ons geveg teen misdaad in hierdie land is Jacob Zuma, Julius Malema, korrupsie en regstellende aksie, watse kans het ons om hierdie geveg te wen? Gaan werk daai een vir jouself uit…

Ek het ‘n lekker naweek gehad, myself nie te veel wangedra nie en lewe in vrede met my nuwe, wel dis seker nie meer so nuut nie, single status. Ek het besluit om nie eers meer te date nie, ek sal net op dates gaan met meisies wat ek weet moontlik saam my kan opeindig, anders gaan ek nie eers meer die date ding doen nie, dis sinneloos.

Ek het genoeg mense om mee saam te kuier as ek wil kuier dat ek nie aangewese hoef te wees om enigeen saam te vat wat ‘n vrou is nie…

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to voorbeelde

  1. Danie says:

    Goeie besluit bra! There is life after women

  2. Ina van Staden says:

    Want in ons land word losbandigheid goed gekeur kyk maar in hoeveel badkamer is daar “condom dispensers” in die jare wat ons groot geword het was die waardes baie beter. Ons kinders word in ‘n baie moeilik ere groot en ek wil amper sĂȘ dit is seder TV, rekenaars en playstation in gekom het. Kinders van vandag weet nie meer hoe om te speel nie.