The final countdown!

Dis ongelooflik om te dink hoe blitsvinnig dinge verander, as jy weer kyk is alles anders as wat dit was, ek sien so uit na die dinge wat vir my voorle…

As alles goedgaan is hierdie my heel laaste week in Gauteng en ek besef daar is so baie mense wat hier gaan agterbly wat vir my lief en dierbaar is, maar genadiglik is daar goed soos vliegtuie en gelukkig kan ek binne twee ure by my mense wees, of hulle by my as die verlange te groot word.

Ek het weer oor die naweek besef ek het great vriende en ek het wonderlike familie en twee pragtige kids wat vir my baie spesiaal is.

Daar het so baie dinge in my lewe verander wat so spesiaal is vir my en wat baie langer gaan vat om te verduidelik as bloot net ‘n inskrywing op my blog… ek takel die takie so bietjie later in die week

Intussen speel Wian vandag weer rugby en ek sal op my pos langs die rugbyveld wees. Ek kan nie wag nie sien so uit daarna!

Dis ‘n kort week, ek kan nie wag om te waai nie en ek kan nie wag om weer agter ‘n mikrofoon in te skuif nie.

Bring it on!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to The final countdown!

  1. Ina van Staden says:

    Ek wens jou alle voorspoed toe vir die toekoms!!!