Terug op radio…

Wel terug in die Kaap en dis asof ek weer kalm geword het, dankie tog daarvoor. Daar is soveel werk wat gedoen moet word maar gelukkig was ek nog nooit bang vir werk nie!

Die goeie nuus is dat die uwe weer agter die mikrofoon inskuif  en die Saterdagoggend Breakfast Show op 108 FM, Bloubergstrand gaan doen vanaf Mei maand…. Ek is opgewonde oor die vooruitsig om weer bietjie uitsaaiwerk te doen, maar op hierdie stadium is dit net tydelik om uit te help tot ek iemand vir die Saterdag slot kan kry.

Aan die ander kant, miskien geniet ek dit so dat ek besluit om die tydgleuf vir myself te hou, ons sal maar sien. Wat ookal ons besluit op die einde, vir ten minste die eerste ses maande is ek terug op die lug en dis lekker!

Gister was een van daai dae in die Kaap wat al deur Johannes Kerkorrel beskry is as “dae soos heuning, warm en lou” en wanneer die Kaap, soos gister, sy mooiste baadjie vir jou aantrek is daar darem niks mooier nie!

Julius Malema is besig om ‘n tameletjie te word vir hierdie land en vir die ANC. Gaan kyk gerus die snert wat op sy Facebook page aangaan en dan raak jy saam my bang vir die toekoms van hierdie land waarin ons, ons kinders moet grootmaak!

Ek het heelwat om te doen vandag so my dag begin vroeg, kom ons maak so, o ja dankie vir almal se ondersteuning toe ek weer Sondag ‘n oomblik gehad het oor Yolandi, daar was selfs iemand wat my gesms het van wie ek dit nooit sou verwag het nie…. Jy weet wie jy is, dankie vir die ware woorde, ek verstaan nou baie beter what went down en dankie dat jy die moeite gedoen het…

Right…. ek is in die Kaap, die son is besig om op te kom, ek gaan gou tien minute vir dit kyk, sommer hier oor die pad, op die strand….. ja ek weet haat my maar!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Terug op radio…

  1. Cris says:

    Hi Wimpie,

    Jammer dat ek kontak maak met jou deur ‘n ‘reply’ te skryf, maar ek sien geen email adres of ander kontak info nie.

    Ons wil baie graag na mense so blogs link vanaf ons webadres en vra dus toestemming om na jou blad te link.

    Ons het ‘n Aanlyn Radio begin hier in Perth. Die musiek stroom reeds teen 128kbps maar daar word nie veel gepraat nie. Ek probeer juis om ‘n paar mense te kry wat ‘n uur of 2 as DJ sal diens doen. Ons konsentreer hoofsaaklik op Golden Oldies (miskien is ons mark die ‘baby boomers’) en sal natuurlik ook probeer om elke 4de CD ‘n Afrikaanse liedjie te speel.

    Ons webadres is:
    http://www.impalaradio.org/

    Sal graag van jou wil hoor.

    Groete.
    Cris

  2. Ina van Staden says:

    Jou aaklige attie ek wens ek was jy. Geniet dit