my Eureka moment!

Hulle noem dit jou Eureka oomblik, dis daai oomblik wanneer jy weet dit wat jy doen is reg al twyfel jy soms, wanneer die liggie in jou kop aangaan….

So ‘n oomblik het ek gisteraand gehad toe ek op Bloubergstrand gaan eet het saam met iemand. Ons sit nog so by die tafel toe kom sing vier Buskers vir ons, skielik met tafelberg en die see as agtergrond en met hierdie vier ouens wat Vulendlela sing, maak alles vir my sin en verstaan ek dis my tyd om te trek en dat ek klaar is met Gauteng en die Oos Rand.

Ek het die geleentheid om my droom te kom leef in die mooiste stad in die wereld en daar is niks wat my meer vashou behalwe my kinders nie, en hulle en my familie sal ek nog steeds op ‘n gereelde basis kan sien as ek net alles fyn en reg beplan.

Nou verstaan ek hoekom ek nie met Yolandi kon trou nie, hoekom geeneen van my talle “verhoudings” uitgewerk het nie en wat die doel agter alles was, dit was vir die eenvoudige feit dat my geluk en moontlik toekomstige vrou, in die Kaap vir my wag.

So Adios aan Gauteng, dit was SOMS lekker, die meeste van die tyd nie, ek was meer ongelukkig as gelukkig, selfs toe ek gelukkig was, as dit sin maak!

Ek het ‘n ongelooflike townhouse gekry en sal later vandag kom foto’s opsit van my nuwe pad…. die groot trek is einde April!

Later

Wimpie

Gumtree: 2 Bedroom Canal Walk Apartment Avail 01/03/2010

Okay so dis my nuwe pad in die Kaap, sal nog foto’s opsit deur die dag!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to my Eureka moment!

  1. Danie says:

    2 slaapkamers is te klein …waar wil jy he moet ons slaap? ons is 5 hoor

  2. Michelle says:

    Geniet dit Wimpie. Net een vraag?

    Is daar plek vir al jou fans om te kom kuier? Die uitsig is beautifull….

    :-)

  3. Edwinek says:

    Mooi plekje, ik moest het even op Google Earth opzoeken. Hopelijk heb je niet teveel lawaai van de airbase?
    (Sorry, ik lees wel Afrikaans, maar schrijven is een probleem. Heb je dan liever Engelse commentaren?)

  4. Minette says:

    Ek hou daarvan – jy skryf mooi. Oppad na Blouberg vanoggend het n lewensles my getref. (nie elke dag dat jy een in verkeer ontdek nie)Jy ken daai nare reuk van die suiweringsfabriek in Koebergstraat, die besoedeleing, die dowwe lug? So asof hulle (wie-ookal hulle is)besluit het om die prentjies aan die linkerkant van die pad te gaan verf het om hoop te beklemtoon – HOOP op wat voor mag lê in die verskriklike atmosfeer wat verwoes.Dan, as jy die groot sirkel aan die einde van laaaaaaang pad benader besef jy – HEMEL dit was die moeite werd om deur al die kak te ry. DIT is MY oomblik – perfek! Ek wil nêrens anders woon nie – hier haal ek asem. Net so is die lewe – ons moet deur die onaangenaam veg om die ideaal te kan betree (en te kan waardeer). Die Kaap leer my dit. Mag jy dit ontdek!

  5. DJ Werner says:

    Die Kaap… die mooiste ou Kaap! Dis hier waar n mens diep voetspore trap… snags le en wag jy vir die suidoos om jou drome te kom bewaarheid terwyl die vars see briesie van die weskus met elke inasem vir jou weer hoop bring. Vat gerus n mondvol! Dit voel goed, gesond en reg! Hierdie juweel van Afrika is my hartklop! Hier le my trots en identiteit, my hoop en gelukkigheid in elke voetspoor wat ek tot dusver getrap het. Hierdie is MY Kaap… die Goeie ou Kaap!

    Ons staan almal op die voorfront om die wereld te vertel van ons stories… jou storie, my storie, en veral die stories van die “Goeie ou Kaap”. Hier my vriend gaan jy nog diep voetspore trap… hier wag vir jou nuwe vriendskappe, nuwe geluk en beslis n nuwe storie! Mag jy hernuwing ervaar met elke sons ondergang op Blouberg Strand sodat wanneer jy jou voetspoor begin trap en ver terugkyk jy sal besef… dis waarom God my hierheen geroep het. Die Kaap en sy mense heet jou baie welkom Wimpie van der Sandt en ek sien uit om saam met jou te werk!

  6. Rene says:

    Sal jy kou epos adres vir my email? will bietjie chat