Dieselfde ou mense, dieselfde ou plekke

Mens kan nie jou lewe lank by die huis sit nie en nou en dan moet jy bietjie uitkom…. probleem is net waarnatoe gaan jy en wat doen jy as jy daar kom!

Gisteraand besluit ek en Raymond om bietjie ‘n draai te gaan maak by Presleys in Boksburg, ek was immers seker vyf jaar laas daar en dit kan seker nie skade doen om te gaan loer wat daar aangaan nie…

Wat ‘n teleurstelling, ek sweer dieselfde mense wat 5 jaar terug daar was, hang nog steeds daar uit…. met dieselfde dansmoves en ek kon sweer met  dieselfde klere…. net ouer! Dis almal of kinders of ou mense wat hulle geleentheid gemis het in die lewe om ‘n man of vrou te kryen nou maak hulle op daarvoor deur nog steeds in Presleys uit te hang en kyk of hulle kan probeer om minstens nog jonk te kan voel.

Ek is ook maar bly ek is nie ‘n jong meisie van vandag wat met hierdie laaities van vandag moet uitgaan wie se woordeskat bestaan uit verduidelikings aan sy pelle van hoe dronk hy gisteraand was nie.

Ja dit was nie great gewees nie, ek het maar teen die muur gestaan en probeer kyk hoekom dit nie die plek is waar mens ‘n girl ontmoed wat jy ‘n langtermynverhouding mee wil he nie. Miskien is ek net te oud vir dit of miskien het ek dit ontgroei ek weet nie, wat ek wel weet is dit doen dit net nie meer vir my nie, o ja en daar is min dinge leliker as ‘n dronk vrou, of ‘n dronk ou wat soos John Travolta probeer dans.

Om single te wees in vandag se lewe….uhm, dis seker okay maar om single te wees en om iemand te moet ontmoed in ‘n kuierplek vandag, wel kom ons se maar net ek gaan dit los vir die ander mense wat ook single is…

Ek is besig om reg te maak vir die Kaap volgende week, ek vlieg Maandagoggend vir die week deur om bietjie te gaan werk, ek sien uit daarna, hoop dit het bietjie afgekoel teen aanstaande week. Sien julle in die mooiste Kaap, daar is baie om te doen en ek sien baie uit daarna.

Lekker naweek, sterkte aan die Stormers en vir die wat soos ek formule 1 so met die een oog volg, dit begin ook die naweek en dit gaan interessant wees om te sien wat Micheal Schumacher kan uitrig na sy terugkeer.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Dieselfde ou mense, dieselfde ou plekke

  1. Danie says:

    Jy was een van daai ouens wat opmaak daarvoor en in sulke plekke uitgehang het. Ek weet wat gebeur, jy begin SIEN…werklik sien, en die goed gee jou n wrang smaak.

  2. Susan says:

    Uit n single vrou se oogpunt moet ek vir julle se, dis die laaste plek om vir iemand te soek om n langtermyn verhouding te he. Mans dink jy’s n stuk vleis as jy na sulke plekke toe gaan, staan met hulle 1 hand in die sak, die ander een met die drankie en kyk jou uit jou klere uit, en daar is net een ding wat hulle wil he……. Ek is bly jy het gegaan ouboet, jy het gewonder wat deesdae daar aangaan, nou het jy gesien, en ek is seker sal nie weer terug gaan nie. Sad dat al gaan jy in n groep saam met jou vriendinne net om lekker te kuier en die aand te geniet, is daar altyd hierdie idee dat jy net opgetel wil word!!! Ek bly maar eerder weg, het nie die krag vir n spul ou, oor die muur, perverse mansmense nie. PS. Jy’s helemal te classy om daat uit te hang Wimpie:-)