Die groot trek…

So in die stilligheid en met Paasnaweek om die draai, is die winter stadig besig om sy kloue in te slaan in ons daaglike lewe. Hierdie is die beste tyd van die jaar vir my, dis nie te warm nie en dis nie te koud nie.

Hierdie is ook my trekweek waar ek finaal by bande met Springs en Gauteng verbreek en dit ruil vir die mooiste Kaap.

Ek begin met ‘n kurses vandag wat my die grootste deel van die week gaan besig hou en dan aan die einde van die week vat ek die pad Kaap toe. Dis opwindende tye waarna ek geweldig baie uitsien, ek is reg vir die uitdaging en hoewel ek geen twyfel het oor die omvang van die uitdaging nie, is ek opgewonde soos ‘n seuntjie.

Daar is ‘n great span agter my en ek sien geweldig baie uit daarna. Daar is baie geliefdes wat ek ongelukkig moet agterlaat maar Johannesburg en Kaapstad is op die einde van die dag twee ure met ‘n vliegtuig van mekaar af.

Die afgelope naweek het ek ‘n klein funlsie gehad waar ek totsiens gese hetaan almal wat baie na aan my is, dit was my laaste kuiersessie in Gauteng en ek is reg om te gaan.

Ek weet nie of daar gaan veel tyd wees vir blog die week nie as gevolg van die kurses maar sal in alle geval probeer om die groot trek te dokumenteer.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.