Alles het ‘n doel

Soms is ek ‘n stadige leerder, dit vat my langer om sekere goed te begryp…. soos dat alles in die lewe met ‘n doel gebeur.

Dit het my ‘n movie gevat om dit te besef…. It’s complicated met Meryl Streep en Alec Baldwin, gaan kyk dit gerus, dit was die moeite werd. Dinge gebeur met ‘n doel in mens se lewe en mense kom en gaan in mens se lewe met ‘n doel. Miskien het iemand in jou lewe gekom vir jou om ‘n les te leer en miskien het iemand uit jou lewe verdwyn ook vir jou om iets te leer.

Ek het Dinsdag weer ‘n dag gehad waar ek iemand geweldig baie gemis het en dit was nieĀ  ‘n lekker dag nie, ek is boonop nog steeds nie gesond nie en drink konstant elke uur ‘n hoofpynpil… dit alles dra nie by tot ‘n goeie gemoedstoestand nie.

Anyway dit bring my by alles wat met ‘n doel gebeur, moenie my vra hoe ek dit weet nie, ek weet dit net. Daar was ‘n doel metelke mens in my lewe…. na vandag weet ek wat was jou doel in my lewe en hoekom ek so verskriklik lief vir jou moes word….. en daarvoor…. kan ek maar net se dankie en ek hoop tonne geluk vir jou, want my beurt… wel … my beurt is oppad en was dit nie vir jou nie het ek nooit ‘n beurt gekry nie!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Alles het ‘n doel

  1. Danie says:

    At last !! Jys besig om jouself te vind,en as jou jouself kan vind en ken, sal die res volg. Het jy geweet die Here kan met mens praat selfs deur n movie?

  2. Ina van Staden says:

    Dit doen ‘n mens goed om self ondersoek te doen

  3. Susan says:

    Elke mens wat n stukkie van jou lewe met jou deel, leef entlik n seisoen uit met jou. Die seisoen begin en dit eindig, siesoene hou nie vir altyd nie, so ook nie verhoudings nie. Jy is baie reg in die sin dat daar n doel met elke ding in n mens se lewe. In sekere omstandighede vat dit dalk n rukkie om die doel raak te sien, maar mens kry tog die antwoord, net soos jy wat die antwoord / doel in die movie wat jy gekyk het gekry het. Wanneer jy daardie antwoord kry, is dit awesome!! Jy groei en word voorberei vir die volgende seisoen in jou lewe…. Ek het hierdie vandag gelees “Failure is feedback, and it can help you in so many ways if you are willing to learn and grow from it.” Jy is special, en jou beurt gaan verseker kom my Ouboet. Pas jouself op!