Thank you Ma-am!

Die nuwe jaar het gekom met  nuwe uitdagings, die eerste daarvan is om aan myself weer te bewys ek kan by my nuwejaarsvoornemens bly. Verlede jaar het ek gese ek gaan ophou rook op 1 Januarie en ek het vandag alreeds meer as ‘n jaar.

Die jaar het ek gese ek gaan begin oefen, diet en gewig verloor en binne ‘n maand weer in shape kom soos ek in my dertigs was…. Wel week een is verby, ek weeg skielik 84 dis  6kg, ja sommer 6 in een week afgeskud, maklik is dit beslis nie, ek draf elke dag drie km, eet Oats en water vir ontbyt, tuna in water, slaaiblare en ‘n klein gekookte aartappel vir middagete, aandete bestaan uit ‘n gekookte patat, gekookte bruinrys en 150g steak.

O ja geen sout, sous of suiker nie, eek keer ‘n week kan ek myself bederf met ‘n eier vir middagete, maar dis alles die moeite werd as jy sien hoe die vet wegsmelt en skielik pas ek weer lekker maklik in ‘n 32 broek in! My belt is op sy laaste lissie vas en ek hardloop elke dag getrou my 3km soos ‘n bokser wat oefen vir ‘n groot geveg…. miskien doen ek wie weet!

Op die pad as mens so hardloop kry jy baie kans vir dink oor die lewe, mense en dinge met net jou i-pod vir geselsskap, en dis daai sessies elke oggend wat my nog beter daaraan toe los as ek by die huis kom. Ek het baie dingetjies vir myself uitgewerk en alle twyfel oor myself uit die weg geruim so op die pad, probeer dit gerus, dit werk soos ‘n bom. Die eerste twee dae was die drie kilo’s loutere pyniging en moes ek seker vier keer stop om asem te skep, Gisteraand toe draf ek die ou paadjie sommer kis sonder om een keer te stop, jy sal verbaas wees hoe vinnig ‘n mens se liggaam herstel en weer regkom.

Vanaand vlieg ek Kaap toe vir ‘n paar dae vir besigheid en sal verslag doen oor dit wat ek daar gaan doen so oor die volgende paar dae hier op my blog. Nuwe uitdagings, nuwe dinge, ek sien geweldig uit daarna om weer met radio betrokke te wees.

Ek het intussen OOK my deksel raakgeloop…. hehehe, okay nee ek weet dis te gou om so te se, kom ons se maar net, ons het gesamentlik besluit om nie enige druk op mekaar te sit nie, en te kyk hoe dinge gaan in die volgende paar weke voor ons besluit wat om te doen met die res van ons lewens. Ek het nou maar net eenmaal ‘n voorkeur aan ‘n klein fyn blonde meisie met blou oe en wat gemaklik in ‘n nommer ses pas, maar almal weet dit mos nou al!

Kom ons se maar net dis fantasties om ondersteuning te he, niks te baklei nie en dieselfde belangstellings te deel, ek is ook stadig weer besig om myself te word, ek kan weer grappe maak ek lag in my eie huis sonder om bang te wees die dak gaan inmekaar tuimel.

Ek is met my trackrecord allermins ‘n rolmodel of ‘n expert op die gebied van verhoudings en is groot genoeg om dit te besef en dis juis daarom dat ek besluit het om dit die keer stadig te vat en dubbel seker te maak en nie weer blindelings in iets in te hardloop nie. Ek dink ek is nou reg vir trou, uiteindelik, ek dink ek was al die laaste vyf jaar reg daarvoor, die dames aan my sy was nie so reg nie!

Ek weet wat ek wil he, hoe ek dit gaan kry en ek is nou reg vir die toekoms, my verwysingsraamwerk was nog nooit so groot soos nou op hierdie oomblik nie, die wereld behoort aan my, die toekoms is myne en ek is hier om dit te omhels en die heel beste daaruit te druk.

Die ergste breakup van my lewe is verby en ek kan weer die lewe vierkantig in die oe kyk. Dit was die ergste breakup in my lewe vir die eenvoudige rede dit het my forseer om lank, hard en diep na myself te gaan sit en kyk en te besluit of ek gehou het van wat ek sien…. Wat ek vir myself daai aand gese het bly tussen ons, maar daar is lank en hard gepraat, en dit was goed en dit moes gebeur, en nou…. wel nou is ek reg, ek het vir myself die dinge uitgewerk wat ek die afgelope twee jaar vertel is en ek het regmerkies en kruisies gemaak…. die kruisies het gewen…. net-net, maar tog, ek dink as ek dieselfde oefening vandag moet doen gaan die regmerkies dalk wen…

Anyway ek gesels more met jou uit die mooiste Kaap…. wie weet miskien is daar een van die dae ‘n Tjaila-Tyd in die mooiste plek in die wereld, ek drink ‘n glas water op jou van die Blue Peter se stoep af op Bloubergstrand!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Thank you Ma-am!

  1. Ina says:

    Geniet die Kaap daar is nie ‘n mooier plek is SA nie ek is somer jaloers