Positief…

Die nuwe jaar is skaars  aan die gang maar alreeds is daar grootskaalse veranderinge!

Ek het besluit om positiwiteit te laat seevier vir die jaar en het ‘n paar dinge gedoen. Die beste manier om dinge te doen is om geheel en al veranderinge te maak.

Dag 2 van my dieet is ophande, sowel as dag twee saam met ‘n persoonlike fiksheidsinstruktriese…. Jy sy is hot, ja sy werk my gal en ja ek het naar geword! Bottomline is ek het ses weke om myself in shape te kry, dit was ook ‘n nuwejaarsvoorneme en ek is nogal geneig om daarby te stick as ek my mind op dit gesit het en glo my ek het!

Behalwe vir ‘n magdom shakes, pille en inspuitings, oefening en reg eet, behels dit ook dat daar geen gekuiery mag wees nie… okay so gese so gedaan.

Gister se etes was aaklig, ek het besluit om te vergeet van lekker eet vir nou en my etes gister (ses van hulle!) het Jungle Oats met water….. Tuna,met water…. en 150g steak met die vet afgesny en met slaai ingesluit!

Gelukkig het ek ‘n chef by die restaurant wat sorg dat ek klokslag die kos kry wat ek moet. Die 40 minute workout van gisteroggend was gelykstaande aan my ergste army dae en ek was gedaan…. Die oefenprogram bestaan meesal uit Cardio werk uit.

Ek is gemotiveerd om binne ses weke dinge om te swaai, draf in die oggend gou die 1.5km gym toe kis en dan weer 1.5km huistoe. Dag een is glo die ergste en dis verby. So ses jaar gelede het ek ook sy ‘n bevloging gekry en toe ‘n vinnige 16kg verloor tot ek ‘n 28 broek begin aanpas het!

Ek het nie 16kg om te verloor nie so hierdie keer gaan dit oor ‘n verandering van leefstyl. Ek kan dit doen ek weet, en ek gaan… ek weet!

Ek vlieg eersdaags Kaap toe om te gaan help by die opstel van ‘n splinternuwe radiostasie, ek is baie opgewonde en sien uit na die uitdaging. Ek en my vennoot is besig met ‘n groot transaksie wat my kontantvloei sal uitsorteer en ons sal opstel om ons doelwitte vir 2010 te bereik.

Alles is moontlik met ‘n positiewe gesindheid en ek is klaar met negatiwiteit in my lewe. Probeer dit, dis aansteeklik. Nou moet ek net vir Monty op ‘n dieet sit, my arme hond kan al amper nie meer loop nie so vet is hy!

Sterkte vir jou jaar, ek hoop dit gaan awesome wees, ek sien uit na myne, ek is op track om alles te bereik wat ek myself ‘n tyken voor gestel het….jy kan enigiets doen as jy besluit jy gaan!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Positief…

  1. Michelle says:

    Sterkte met als Wimpie.

  2. Ina says:

    So bek moet jam kry!!