My wegloop naweek!

Dit was nou ‘n ordentlike cheat naweek, ek het alles ge-eet wat ek nie moes nie so more gaan ek weer moet suffer in die gym om op te maak vir al die sondes wat ek die naweek aangevang het!

Vrydagaand ‘n lang en interessante gesprek gehad met Thys die Bosveldklong oor branding, bemarking en alles wat daarmee gepaart gaan, die ou is ‘n kranige besigheidsman wat weet waarvan hy praat en het my behoorlik verbaas. Tjaila-Tyd sien uit daarna om bietjie meer besigheid met Thys te kan doen in die nabye toekoms, maar meer daarvan later.

Saterdagaand het ek lekker gekuier by die Liedjieboer om Hennie se verjaardag saam met hom te vier. Baie geluk Hennie mens word net eek keer 50, dis erg….dink ek!

Bring my by waaroor ek eintlik wil gesels. Wanneer mens soos ek van Januarie af, ‘n groot verandering in jou lewensstyl aanbring, kom dit met sekere aanpassings wat mens moet maak, die meeste daarvan is goed, maar soos die geval is met Simply Slim wat ek sien deesdae erg in die nuus is en die polisie wat beslag gele het op ‘n besending pille.

Ek het destyds toe ek nog met die x uitgegaan het ook besluit om Simply Slim te probeer, ek het opgegee na net twee weke omdat ek massiewe hoofpyne gekry het. Bring my by die punt dat almal verskillend is met verkillende liggame, ek het gekies om te begin ernstig oefen en USN te gebruik om my te help. Nerens waarsku USN dat Phedra Cut jou kop mal maak as jy dit saam met whiskey drink nie, wel glo my dit doen!

Ek het amper van Midrand Springs toe gestap….uhm so 90km ver ja!

Anyway oppas vir dit as jy dalk besluit om te begin dieet!

Dankie aan Hansie Claassen van Hansie Slim vir die lekker kuier, ek moes eers gou verduidelik ek het hom nie op Facebook delete nie, ek het net met ‘n jaloerse girl uitgegaan wat my hele profile delete het…. maar dankie Hansie bly om te hoor jy lees nog nou en dan my blog!

MD Greyling en Hugo het ‘n awesome accoustic show gedoen en ek sal nog lank hulle weergawe van Tha Gambler onthou.

Later die week vertel ek meer van ons planne saam met Thys, bly ingeskakel! Ek vertrek die week weer Kaap toe, sal foto’s neem.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to My wegloop naweek!

  1. Ina says:

    Ek is baie bly vir jou en ek het jou altyd gesĂȘ daar is ‘n deksel in jou geval ‘n dekseltjie vir ons elkeen. Ek hoop regtig hierdie is die een vir jou. Jy moet jou dag en jou week geniet!!!

  2. Danie says:

    Dis duidelik wat jy probeer doen. Nie nice nie man. Dis stadige gif vir jouself

    • Wimpie says:

      nee Danie die stadige gif het nie van my kant af begin nie, dit het begin drie dae nadat ons uit was en ek dit moes lees hoe dit uitgebassuin is op FB met foto’s en all….. quite frankly my dear….. I dont give a flying f@&k wat sy dink nie, …. life is a bitch bra, dis hoe dit is, vir twee jaar lank het sy my ongelukkig gehad, nou is ek happy en ek gee nie om wie dit weet nie en dis dit….. besides…. sy lees mos nie my blog nie….

  3. Danie says:

    Te veel bitterheid…onthou wat ek altyd se van wat jy saai, sal jy maai…die lewe gaan ook nie net oor n nommer 6 nie. dis bietjie oppervlakkig. Ja, miskien lees sy nie jou blog nie, maar jy weet mos hoe mense praat, en dan stel dit haar mos in n slegte lig op n openbare forum. Ek wil ook baie keer in n fit of rage iets gaan skryf op my blog, of facebook, maar dan sit ek net n oomblik, dink mooi, en laat dit verbygaan. Hierdie openbare goed het lelike gevolge.Daar is mense wat soms die goed lees wat dalk toekomstige besigheidsnetwerke kan word.Ok. Klaar gepreek. Use it, dont use it…