James Bond?

Wat ‘n eventvolle dag was dag twee van operasie regruk nie gewees nie!

‘n Klient sit heeldag en kuier by Tjaila-Tyd gister, ek is eers nie veel gepla nie maar iets lyk vir my nie lekker by die tafel nie…. een vir een verdwyn die tafel se mense gelukkig kom ek dit agter en waarsku die kelner dat sy tafel besig is om ‘n Houdini truuk te trek.

R1520 is ‘n groot rekening om af te skryf en net daar plaas ons die een ou wat agterbly onder observasie en vat sy kar se sleutel.

Sowaar as vet, ‘n halfuur later bel hy sy vrou skelm om hom te kom haal en se kar sy spaarsleutel te bring, soos ‘n skelm in die nag en sonder ligte ry die knaap by die parkering uit met die kelner wat agter op die bakkie spring en die uwe wat langs die bakkie in die straat af hardloop amper onder die wiele beland en uiteindelik die deur oopbreek!

Net daar gryp ek die ou uit die voertuig uit en maak soos ‘n wafferse James Bond ‘n citizen’s arrest. Die ou begin aan my rondstamp en dreig my met die bekende woorde van weet jy wie ek is…

Nou weet ek nie of die ou weet wie ek is nie, maar ek laat nie aan my rondstamp nie en stamp maar bietjie terug en laat hom mooi verstaan ek gee nou nie rerig ‘n moer om wie hy is nie maar ‘n rekening is ‘n rekening en mens vat nie net jou goed en waai sonder om te betaal nie.

Die uiteinde van die saak is dat sy vriend vanoggend 03h00 maar al die pad van die plaas af moet kom om die rekening te betaal, nog ‘n paar dreigemente word rondgegooi maar ek is nie ‘n bang seuntjie nie en nadat ek eers vir die Polisie moet verduidelik hoe om hulle werk te doen is ons eventueel in die oggendure daar weg.

Watse tipe mense doen sulke dinge en wil my kom staan en dreig, ek is nie tans op my heel beste nie en my lont is maar kort, amper het ‘n ou sonder tande huis toe gegaan, twak gaan ek ook nie meer vat nie, kry ‘n lewe my ou en betaal jou rekening as jy by my plek wil kom kuier!

Baie geluk met jou verjaardag my Lief, ek hoop dis ‘n awesome daggie en ek kan nie wag om jou bietjie te bederf nie!

Lekker dag vir almal.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to James Bond?

  1. Morras says:

    Baie geluk met Janine wat geslaag het. Hoop jy het ‘n GROOT JAAR. dis jou beurt.

  2. Morras says:

    Baie geluk met Janine wat geslaag het. Hoop jy het ‘n Groot jaar.