Totsiens…2009 en ‘n paar ander dinge!

Dit gebeur deesdae al hoe vinniger…. Verbeel ek my miskien, die laaste blog inskrywing van die jaar.

Wel dis weer sulke tyd, ek gaan so bietjie ontspan en weer volgende jaar met nuwe toewyding en ywer terug wees om die wereld aan te vat, maar vir nou het ek eers bietjie nodig om die battery so bietjie te gaan herlaai!

Dit was soos elke jaar, ‘n jaar gevul met hoogte, en laagtepunte. Die laagtepunte sluit dinge soos die ressesie in en ‘n mislukte verhouding. Ek het belangrike lesse geleer op persoonlike front, nommer een en die mees belangrikste, jy kan nie ‘n sukses maak van ‘n verhouding waar albei partye nie wil he dinge moet uitwerk en eenvoudig geen kompromie wil bewerkstellig nie.

Yolandi was vir byna twee jaar lank deel van my lewe en ek sal die goeie tye saam met haar mis. Sy gaan vir iemand eendag ‘n goeie vrou uitmaak en ek wens haar sukses, vrede en voorspoed toe op haar toekomspad. Ek het baie geleer oor die lewe, mense en dinge by haar en sal altyd die klein dingetjies onthou.

Op besigheidsfront was 2009 ‘n snaakse jaar, dit het goed begin, stelselmatig verswak en teen die einde weer reggekom. Ek sien met geweldige entosiasme uit na 2010. Die jaar begin sommer vroeg al op ‘n groot noot en ek kan nie wag om al die uitdagings in die oe te kyk nie. Ek besef ook verder vandag, as ek nie my persoonlike lewe uitsorteer het nie, sou die geleenthede wat my kant toe gekom het vir 2010, presies net dit gebly het, geleenthede wat onbenut gebly het.

Die lewe het ‘n manier om te gebeur maak nie saak wat nie. Ek sal terug wees met my eerste blog van die nuwe jaar iewers in die eerste week van Januarie. Ek weet nie presies wanneer nie want my dae van ‘n roetine lewe lei, is vir altyd verby. My vakansie is nie eers rerig beplan nie, ek gaan in my kar klim en ry tot ek moeg is en net daar bly, as ek daarvan hou dan bly ek ‘n dag of miskien meer langer, as ek nie daarvan hou nie dan ry ek weer.

Dit was die lewensstyl wat my in die verlede geluk en sukses  gebring het en dit is wat ek glo my weer geluk kan bring.

So al wat oorbly is vir my om vir jou, wat elke dag getrou kom lees het wat in my lewetjie aangaan, ‘n vreugdevolle, en geseende kersgety toe te wees, onthou waaroor gaan kersfees werklik en eer die gedagte.

Daarna begin dink aan wat jy in die nuwe jaar wil bereik en hou lekker ordentlik partytjie…. Moet net nie bestuur nie!

Sterkte aan een en almal vir 2010, dankie aan almal wat deel was van die 2009 hoofstuk van my lewensboek. Ek sal julle nie vergeet nie, soos al die ander hoofstukke in my boekie sal almal wat in 2009 deel was van my lewe oor ‘n paar jaar ‘n voetnota wees.

Ek sien uit na 2010, sukses, vrede, voorspoed en bowenal, mag almal wat hier lees liefde vind in 2010, of herontdek , of laat herleef…

Dit gaan ‘n groot en opwindende jaar in alle opsigte wees. Vir almal wat oorbly, hou styf was dit gaan ‘n great ride wees, prober om nie aft e val nie, daar gaan nie tyd wees om mense te gaan optel wat afgeval het nie!

Blessings en voorspoed…. Woza 2010!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Totsiens…2009 en ‘n paar ander dinge!

  1. meermin says:

    Wimpie lekker vakansie hou. Mag 2010 ‘n wonderlike jaar vir almal wees.

    Geseènde Kersfees!