Perspektief tyd.

Sommer so sonder dat mens dit agterkom bekruip die einde van die jaar ons almal maar so stilletjies.

Hierdie tyd van die jaar is die sily season en ek besef al hoe meer hoekom mense praat van die silly season. Ek et nog niks behoorlik beplan vir die vakansie of kersfees nie, ek is net eenvoudig te besig daar is net nie tyd om eers aan so iets te dink nie.

My vakansie gaan die jaar ook maar net iets wees wat ek aan gaan dink en nie noodwendig iets wat gaan gebeur nie. Daar is weereens net eenvoudig nie tyd om op vakansie te gaan nie, daar sou ook ander faktore bygedra het tot die feit dat ek nie die jaar gaan vakansie hou nie, maar dit is iets wat ek nog vir myself moet uitwerk en nog baie dinge moet bereken word.

Dit het my so om en by 40 jaar gevat om oud te word, of sal ek eerder se ouer te word. Daar is belangriker dinge in die lewe as kuier saam jou pelle, kyk hoeveel girls jy kan date en watter mooi kar jy kan koop.

Die prys wat ek moet betaal vir my 15 jaar van speel met vinnige karre, mooi meisies en rondspeel is dat ek op 42 jarige ouderdom nie meer tyd het vir speel nie, daar is nou net een ding oor en dis werk, werk en nog werk.

In die proses moet mens bereid wees om opofferings te maak, ek kan tog nie van almal verwag om saam die prys te betaal van al my jare se speel nie. Dis my prys en ek moet dit betaal…

Ek is besig met iets baie groot, ek sal die week weet of alles gaan gebeur soos ek dit wil he…. soos gewoonlik het ek geen idee van hoe ek dit gaan doen, finansier of bybring nie. Ek weet net soos altyd, ek sal dit weer regkry, ek sal weer nie gaan le nie en ek sal weer iewers ‘n plan maak.

Vir nou is ek moeg, ek is emosioneel uitgeput, daar is soveel mense wat op my staatmaak en wat van my afhanklik is, dis moeilik as jy dink jy is man alleen vir soveel ander se welstand en voortbestaan verantwoordelik. Soms raak die vrag bietjie swaar om te dra en soms is die ondersteuning wat jy reken jy op kan staatmaak afwesig, dan knyp jy maar waar die oe toe en gaan aan want jy weet wat jy wil doen.

Die lewe is beslis nie ‘n lied nie en payback….. ja dit is ‘n bitch…. maar op die einde van die lang donker tonnel, skyn daar ‘n liggie, dis nog baie ver in die tonnel, maar dat hy skyn is ‘n feit soos ‘n koei. Iemand se nou die dag vir my ek is so besig om aan my toekoms te werk dat ek almal om my gaan verloor oppad na die eindpunt toe, en as ek eendag daar aankom gaan ek niemand he om dit mee te deel nie…. dis ‘n kans wat mens seker maar moet vat. Bottomline is, ek verwag van almal om my om my drome met my te deel en saam te werk daaraan, as dit te veel gevra is dan wonder ek of almal om my rerig om my wil wees… dit is die vraag.

Jurie Els is nou Suid-Afrika se eie OJ Simpson, die ou wat weggekom het….

Gaan nog ‘n lang week wees!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Perspektief tyd.

  1. Danie says:

    My laaste volle week van blog vir 2009, en ek sluit af op maandag 14 Desmber tot 11 Januarie. Cool tema die week. Check van more(dinsdag) af. http://www.cdcafs.wordpress.com

  2. Ina says:

    Wimpie,

    Niks sal op jou pad gesit word as die Here nie weet jy kan dit hanteer nie. Glo in jouself soos jy reeds doen en leef voluit. Daar is die van ons wat weet hoe hard jy en Danie werk en ons glo in albei van julle. Sterkte vir die toekoms en moenie afdwaal langs die pad nie. Net jy en jy alleen is verantwoordelik vir die geluk, vreugde en suksesse in jou lewe.

    Liefde

    Ina