Die Bokke is moeg….huh??

Ek is ook moeg, dit was vir my ook ‘n lang en harde jaar, my moegheid gee my egter nie ‘n verskoning om nou nie meer my werk te doen nie, of om my werk net halfpad te doen nie.

Om ‘n rugbyspeler te wees is ook ‘n werk, soos enige ander werk. Moegwees is geen verskoning vir die Springbokke se power vertonings op die toer deur Europa nie. Die All Blacks en die Wallabies speel ook Super 14 rugby, Drienasies en in ander toetswedstryde deur die seisoen. Die All Blacks het verlede Saterdag klinies die Franse in Frankryk afgeslag, die Springbokke het boedel oorgegee teen die Iere….

Nee wat ek sluk swaar aan die verskonings, as jy R100 000 per maand verdien wil ek sien hoe jy aan jou baas gaan verduidelik hoe moeg jy is teen die einde van die jaar en dis hoekom jy bollie aanjaag by die werk, klink vir my soos die easy way out!

Die heel beste TV reeks op televisie bly maar Boston Legal. Maandae is my Boston Legal aand, almal weet dit en niemand pla my na 21H00 op ‘n Maandag nie. Gisteraand is geen uitsondering nie en so vyf voor nege neem ek my plek voor die TV in, Boston Legal, The Apprentice en Top Gear is die enigste TV programme wat ek kyk. My teleurstelling was groot toe ek besef my gunsteling TV program se laaste episode was verlede week uitgesaai.

Boston Legal was een van die heel beste TV reekse ooit…. in die klas van Friends en met die heel beste dialoog wat ek ooit gehoor het. James Spader en William Shatner is altwee gebore om die rolle van Alan Shore en Denny Crane te vertolk. dat die reeks ten einde geloop het is regte ‘n groot verlies en my Maandagaande is net nie meer dieselfde nie…

Jurie Els se argumente in die hof raak al hoe meer belaglik, die nuutste in vandag se Beeld , is dat Robbie kwansuis die hele hofsaak gebruik as publisiteitsfoefie vir die sokker wereldbeker…. huh?

Oom Jurie, daar is baie beter…. en goedkoper maniere om publisiteit te kry as om aan die wereld te vertel hoe ‘n ander man jou verkrag het….

Die belaglikheid van Els se argumente begin grens aan die absurde.

Nou ja, hoop jou dag is lekker, ek begin uitsien na vakansie…. wel amper, ek weet nog nie of en wanneer ek weggaan nie, sal maar sien.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Die Bokke is moeg….huh??

  1. meermin says:

    Die bokke is moeg! Almal is die tyd van die jaar dood moeg, oor werk, ons toer nie rond nie soos hulle nie, selfde roetine oor en oor dag vir dag!! Oudste verskoning in die boek!!

  2. Ina says:

    Kan nie wag om te gaan rus nie. Ons doen maar die tuin roete. Indien jy wil saam kom bring net jou eie spit vurk!

  3. Frank Botha says:

    Hi Wimpie.

    Jip. Boston Legal rock.

  4. Ceallach F says:

    Hi – really great site you have made. I enjoyed reading this posting. I did want to write a comment to tell you that the design of this site is very aesthetically sweet. I used to be a graphic designer, now I am a copy editor in chief for a marketing firm. I have always enjoyed playing with computers and am trying to learn computer code in my spare time (which there is never enough of lol).