Waterskeidings in die lewe…

Die lewe is propvol keuses, vra maar vir Joost van der Westhuizen, en dis wat mens met daai keuses maak wat bepaal wat van jou en ultimately jou lewe word…

Ek kry Joost jammer, ek was een van die ouens wat in sy onskuld geglo het, maar hy het dit in my opinie, verloor met die manier waarop hy nou bieg…. in sy boek, en op die vooraand van die boek se vrystelling. Dit laat net die gedagte by my opkom dat hy bieg om te help die boek verkoop en vir geen ander rede nie.

Nog iets wat pla is die hele “ek is jammer, maar die pers bly nog steeds die groot vark in die verhaal” mentaliteit wat hy by sy sanger vriend ge-erf het. As mens drooggemak het en jy wil omverskoning vra dan doen jy dit vir wat jy verkeerd gedoen het, en nie vir dit wat jy tot vandag toe glo jy nie heeltemal verkeerd was nie want “die pers het die misdadigers vir die storie betaal”.

Ek voel jammer vir Joost, het hom so ‘n paar jaar terug, nog lank voor Amor, leer ken en gedink hy is ‘n baie nice ou. Niemand van ons lewe sonder geraamtes in die kas nie en niemand van ons sal daarvan hou om dit aan die groot klok te hang sodat almal jou in vlamme kan afskiet nie… Die ander kant van die muntstuk is, nie almal van ons sal probeer muntslaan uit jou eie skandes uit nie….

Die afgelope naweek was ‘n waterskeiding naweek vir die uwe. Mens noem iets ‘n waterskeiding wanneer jy teen jou beterwete probeer vasklou aan iets wat nie meer daar is nie. Nota aan myself…. jy kan niemand dwing om dieselfde oor jou te voel as jy oor hulle nie…. dis dit. Gotta let go my son…

Die week gaan groot wees, besig, besig, besig… sommer baie.

Sien uit daarna!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Waterskeidings in die lewe…

  1. Ina says:

    Weet jy ek wens hulle wil die “celebs” maar los want nie een mens is sonder sonde nie. Ja Joost bieg nou en erken dit was hy maar as hy enige ander persoon was dan het geen haan ooit daaroor gekraai nie, hy moes maar net van die begin af erken het dit was hy punt. ‘n mens wil nie elke dag oor hulle lees nie, plaas die Beeld nou maar die “Bulle” op die voorblad gesit het dit verdien baie meer aandag as Joost. Ek voel jammer vir hom en sy gesin, dit herinner nogal baie aan die Hansie Cronje sage. Ek hoop werklik dit sterf ‘n vinnige dood want ek wil “ots” as ek ‘n koerant of tydskrif oop maak en ons moet lees van Steve of Joost se kaskenades.

    Mooi dag vir jou en wens nou maar die Bulle geluk!!

    Liefde daar vir almal en sterkte vir jou

    • Wimpie says:

      Die Curriebekereindstryd was so onbelangrik ek het al vergeet daarvan…. maar ja geluk aan al julle bulletjies!

  2. platkuif says:

    gooed geskryf Wimpie.Yip daai coin het twee kante.En ek dink persoonlik ou Joost het net nou (selektief) gebieg, om sy boek te smous. Sy beweerde seksule verhouding met Charmaine Gale word nerens aangespreek en oor gebieg nie…wat mens net laat wonder hoe sincere die skuld erkenning eintlik is. O ja, ek is steeds van die opinie hy sal baie meer geld maak as hy ‘n video met van sy grootste driee/moment op die rugbyveld beskikbaar stel.DIT is waarin die publiek en sy supporters eintlik belangstel ;-)

  3. Ina says:

    Ja, Ja maar as dit nou anders was het julle oorgeloop ne! maar ja ons aanvaar die gelukwense.