Tydsberekening…

Ek kon nie help om te lag toe ek gisteraand, bietjie vroeg by die huiskom en sommer maar net bietjie die tv op kyk-net sit nie.Kyk-Net het die gewoonte om reekse tot vervelens te herhaal en dan kry ek so lekker as hulle bietjie opslip.

Jurie Els was gisteraand in prime time nogal, in die reeks wie is wie, wat so 10 jaar gelede geskiet is en die eerste keer uitgesaai is met Zak van Niekerk. In die program vertel Jurie dat hy nou net ‘n huis in Nieu Seeland gekoop het en dat hy die belowende jong kunstenaar Robbie Klay onder sy vlerk geneem het…. Om die kroon te span wys hulle ‘n foto van Jurie met sy hand om die lyf van Robbie wat seker so 12 of 13 jaar oud is…. Ek wonder wie is in beheer van skedulering by Kyk-net?

In die uwe se lewe gaan dit maar rof op die oomblik, rof  want die werk lyk nie of dit ooit gaan wil ophou nie. Ek word oornag oud, die pyne en skete raak net erger by die dag….ai!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Tydsberekening…

  1. platkuif says:

    ek het ook gisteraand daai show per ongeluk raak gekliek…en dit was sletsnaaks.Dit was so obvious soos (nog) ‘n Bulls victory, dat ou Hurie ‘n spesiale band met ou Robs gehad het tydens daai show

  2. Danie says:

    Bekotsenswaardig soos n Bulls victory, platkuif. lol

  3. Ina says:

    Hi

    Wanneer verjaar jy is dit die 12de of die 14de?

  4. Yolandi says:

    Hy verjaar die 14de Ina…

  5. Ina says:

    Hi Yolandi,

    Dankie het gister met oom Willem gepraat.

    Mooi dag vir julle