Noem my vandag sommer Joker

Dis daai tyd van die jaar, nog ‘n jaar is verby en mens moet jouself weer die vraag afvra, het jy gedoen die jaar wat jy gehoop het jy sou? Is jy by die punt in jou lewe waar jy graag sou wou wees, as jy nie is nie, hoekom nie?

Ek ken ongelukkig nie die antwoorde op sulke vrae nie, wat ek wel weet is die lewe is nie altyd regverdig nie en nice guys don’t win!

Ek gaan oor twee weke, soos elke jaar, nagenoeg 16 Desember, ophou blog vir 2009. Ek onthou nog verlede jaar die tyd toe ek met groot opgewondenheid uitgesien het na die vakansie, die jaar is bietjie anders, ek weet nog nie van die vakansie nie, ek weet net een ding en dit is dat ek geweldig uitsien na volgende jaar, die rede daarvoor…. ek het iemand om iets aan te bewys.

Wat dit is, en wie dit is, verklap ek in die paar inskrywings wat oorbly voor ek gaan uitspan vir die jaar wat my blog aanbetref, ek hou daarvan as mense my onderskat, ek hou daarvan as ek die ongeloof in hulle gesigte kan sien, ek hou daarvan om my grynslag in hulle kele af te druk en ek hou daarvan as hulle nie slim genoeg is om te verstaan wat ek probeer doen nie….. ek noem dit die ‘eureka’ moment wanneer hulle uiteindelik verstaan wat ek al die tyd gedoen het.

Ek is op daai stadium van my lewe dat ek dit nie meer die moeite werd ag om my tyd te mors om dinge te probeer verduidelik nie, ek weet wat ek doen en hoe ek dit gaan doen en dis al wat tel.

Joker het eenkeer vir Batman gese: “You cant make an omelette without breaking some eggs”.

Wimpie

PS: Noem my vandag sommer Joker!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.