Net nog ‘n dag…

En so breek die einde van nog ‘n lewensjaar aan, so sonder fanfare en sonder ‘n hengse bohaai, kom ons se maar net dit was ‘n interessante jaar propvol interessante dinge wat my lewenspad gekruis het.

Snaaks hoe ‘n verjaardag glans en statuur verloor hiet van 35 af. Dis nie meer ‘n groot issue in mens se lewe nie en mense glo jou nie as jy se dat jy nie omgee om eerder te werk op die dag nie.

Die laaste paar weke was maar erg op die van der Sandt gesin… laat aande, harde werk en baie stress is iets wat maar hand aan hand loop met die beginstadium van ‘n nuwe besigheid. Dis nie altyd lekker nie en mens moet soms jou laaste paar rand investeer in belang van die groter prentjie… iets wat nie altyd deur almal so goed soos jyself verstaan word nie.

Ek het die laaste paar maande verskeie beleggings gemaak wat beteken dat ek soms voel of ek niks besit in die wereld nie want ek raak maar net soos enigeen, lekker broke met tye. Dan moet jy nog swaarverdiende geld in jou beleggings investeer, wat jy nie rerig kan bekostig nie en ander mense om jou begin vrae vra wat jy nie die antwoorde voor kan gee nie want dis net jy wat jou visie en jou toekomsplanne verstaan.

Soms beteken dit ‘n paar dinge moet in die slag bly wat jy graag sou wou doen, soos vakansie hou, nuwe kar koop en en en…. maar op die einde van die dag hoop jy maar jou beleggings gaan vrugte afwerp en dan kan jy alles doen wat almal so graag wil he jy moet doen…. en dis nou maar net hoe dit werk. Kom ons kyk maar hoe draai die beleggings uit!

Nou ja, more verjaar ek op 14 November, soos elke jaar. Hoe voel ek daaroor? Wel om die waarheid te se… dit laat my koud, ek het geen gevoel daaroor nie, dis net nog ‘n dag…. een waarop ek toevallig 42 word! Ek sal baie meer opgewonde wees as een van my beleggings beginne saamspeel!

Lekker naweek!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Net nog ‘n dag…

  1. Danie says:

    Bliksem! ons raak oud.Al wat my ook sal opgewonde maak is as ek kon voorspel hoeveel salaris ek gaan he voor kersfees. Dis die nadeel van eie besigheid.

  2. Ina says:

    Hi,

    Baie geluk met jou verjaardag more, ek verwar jou en jou pa se verjaardae altyd.

    Mag jy nog baie jare gese├źn en gespaar bly vir jou gesin en die mense wat vir jou lief is. Ek glo jy sal ‘n sukses van die nuwe besigheid maak.

    Liefde die van Staden’s

  3. Gideon says:

    Jaaaa swaer. DIt is maar deel van die lewe soos belasting betaal en die sekerheid dat jou kar sal breek wanneer jy hom die nodigste het…

  4. Teresa says:

    Baie geluk met jou verjaarsdag more. Al wil mens dit nie vier nie, is dit tog ‘n dag om jou lewe te sit en beskou. Geniet dit soos ‘n kind.