mmmm dit is beslis tyd!

Is dit moontlik dat mens se liggaam vir jou vertel wanneer dit tyd is vir ‘n veradering, vakansie of iets dergliks?

images8Ek is nie ‘n ou wat sommer maklik en baie droom nie. Gisteraand droom ek van ‘n blou see, progtige vakansieplekkie met lugversorgde kamers, braaiplekkie wat uitkyk oor die mooiste strand en blou, blou water soos ek lanklaas gesien het, o ja en ek is klankman vir ‘n Abba konsert!

Ek weet nie juis wat om daarvan te maak nie maar ek kan een en een bymekaar tel. Ek se altyd vakansie is nie vakansie as dit nie by die see is nie, dan se ek ook verder dat Desembermaand is die tyd vir Abba en Boney M se musiek. Verder gaan hou ek vakansie in plekke wat vir my gemaklik is, soos chalets en vakansieplekke met lugversorging, storte,TV met DSTV, en al die klein dingetjies wat ek van hou….

Dit was ‘n besondere lang, harde en moeilike jaar gewees en ek kan voel vir die eerste keer in ‘n lang tyd en is rerig gedaan en kort ‘n vakansie, miskien is my droom van gisteraand my liggaam se manier om die boodskap oor te dra van vakansie….

Mens kan net gelukkig wees met jou lewe as jy met jouself gelukkig is, dis soms ‘n lang paadjie wat mens moet loop om geluk met jouself te vind en as jy dit nie doen nie dan maak jy die lewe vir ander mense rondom jou ondraaglik. Miskien is dit tyd vir ‘n breek, weg van alles en almal af om te besluit wat jy rerig in die lewe wil he en met watter mense jy die lewe wil deel. Ek weet nie die antwoorde van al die vrae in die lewe nie en by the looks of it, is daar maar baie min mense wat doen.

My verstand se net vir my jy kan nie ander mense gelukkig maak as jy nie self gelukkig is….met jouself…. nie! My verstand se ook vir my dis tyd vir vakansie….by die see, en die see moet potblou wees, en my kamer…. wel die moet ‘n aircon he, en ek wil breakfast maak voor ek strand toe gaan, bacon, eiers, toast en boerewors…. ek wil dit he, dit is tyd…. nou moet ek net die geld bymekaar kry!

Wimpie

PS. Die Outeniqua Choo Choo is te koop, en die naam Tjaila-Tyd is laasweek geregistreer. Altwee brokkies is goeie nuus vir my!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to mmmm dit is beslis tyd!

  1. Ina says:

    Leef voluit, leef jou droom!!!