Dis tyd…

 

Ek noem dit “Eureka oomblikke” en almal kry dit een of ander tyd in jou lewe, dis wat jy daarmee doen wat die probleem is…

‘n Paar jaar gelede, en met die klem op soveel ander dinge in my lewe het ek dit net vermors, op drank, vrouens, vinnige karre en so nou en dan selfs op ietsie meer as net dit. Alles het net gegaan oor die ‘jol’ en bitter min ander dinge het saakgemaak, dat ek nog nie skatryk is nie en nog nie kan bekostig om in die mooiste rykmansbuurte in die Kaap te bly nie, is net aan een ding te danke en dis my eie selfopgelegde paadjie van selfdestruction…

Dis wat verander het in my lewe, ek is die rustigheid vanself en is nie meer op ‘n selfdesrtuct mission nie. Ek was nog nooit in my lewe meer gemotifeer as nou nie, ek weet wat ek wil he, hoe ek dit gaan doen en waarnatoe ek oppad is met ALLES in my lewe. Ja ek het droog gemaak, shit klink ek nes Joost, maar ek het nou uiteindelik op die vooraand van my verjaardag, uiteindelik groot geword…

Een ding is verseker, tot nou toe was dit one helluva ride gewees, ek hak nog so nou en dan bietjie kop uit, maar dis meer stress ontlading as iets anders. Ek gaan nou doen wat ek al lankal moes gedoen het, die wereld op sy kop draai! Moenie ‘n fout maak nie, ek is nog steeds net so broke soos enigeen anders, die verskil is ek weet nou wat ek wil doen en hoe ek dit gaan doen, so watch out wereld.

Soos ek die ding sien is daar drie vlakke waar ek die land gaan rock!

Kyk uit vir ‘n konsep wat ek saam met ‘n vennoot aanpak wat die musiekbedryf gaan skud en baie slegte nuus vir platemaatskappye gaan wees.

Tweedens gaan ek die gesig van kuierplekke, vir ewig en altyd verande…. ja daar gaan ‘n Wimpie(y) in elke dorp wees hehehe! Dis sulke tyd…

En laastens gaan ek van Raymond Ray die ster maak wat hy behoort te wees.

Daar het baie wonderlike mense die laaste tyd in my lewe gekom wat saam my hierdie drome gaan verwesenlik, Rudi, Gideon, Jeanne Marie…. Ongelukkig gaan ‘n paar mense uitval langs die pad, soos verlede week reeds gebeur het… maar dis die lewe.

Hou die blink kant bo…. dis sulke tyd!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Dis tyd…

  1. Ina says:

    Ek is bly jy klink so positief!! Hou dit so