Die weird geval van Els!

Dit is vir my scary die hele hofsaak storie tussen Robbie Klay en Jurie Els. Dis vir my scary dat iemand soos Els kan glimlag vir fotograwe asof dit doodnormaal is om seks te he met seuntjies van 11 jaar oud…. dan is die hoofargument nog die vraag of Robbie 11, 12, 13 of 14 was….WTF!

Wat maak dit verskil, seks is seks! Kinders is kinders! Elf, 12, 13, 14 maak nie saak nie, ‘n kind bly ‘n kind.

Een ding is verseker, dit verafsku gewone mense sonder buitengewone seksdrange om eers daaraan te dink. Els se loopbaan is verby, in my oe sal hy altyd ‘n lafaard bly wat nie kan erken hy het ‘n probleem nie, nie bereid is om sy siek drange uit te sorteer nie en iemand wat moontlik aan die wereld bewys het hoe talentlose mense met die regte bemarking agter hom daarin kon slaag om ‘n bestaan in die Suid-Afrikaanse musiekbedry te maak!

Dit was altyd vir my ongelooflik dat iemand actually ‘n Jurie Els CD kon koop, dit was vir my meer ongelooflik dat die man die wereld in die oe kon kyk as hy hulle uit hulle geld gekul het, nou is dit net eenvoudig ongelooflik hoe hy dag na dag vir fotograwe kan glimlag by die hof…. Ek sou elke dag probeer ‘n ander ingang by die hof opspoor en sou verseker nie my glimlaggende bakkies in al wat ‘n koerant is wou he nie… maar nou ja, dit is maar net vir my logies.

Ek lees gister in die plaaslike koerant van ‘n plaaslike sanger wat kla oor “sy liedjies” wat deur ander kunstenaars op hulle CD’s opgeneem word…. uhm ja, hy vergeet natuurlik om te noem dat dit dieselfde Duitse liedjies is wat meer as een platemaatskappy gou opraap en Afrikaanse woorde voor skryf…. dis ‘n ou Suid-Afrikaanse musiek probleem wat baie gebeur…. vra maar vir Juanita, Ray Dlylan, Arno Jordaan, Select en Fantasia…. Flippen belaglike stand van sake… Die arme publiek, as hulle maar net weet hoe talentloos en doodeenvoudig absoluut gemiddeld die Afrikaanse musiekbedryf werklik is!

Die ware talentvolle ouens is die bemarkingsmanne wat maniere uitdink om drek aan die publiek af te smeer!

Ek weet ek blog heelwat minder deesdae, die waarheid is ek het net nie meer die tyd wat ek in die verlede gehad het nie, maar ek probeer my bes! Tjaila-Tyd is intussen geregistreer en is nou ons naam! Kyk uit daarvoor, jy gaan baie daarvan hoor!

Maandag vertel ek meer.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Die weird geval van Els!

  1. Blondie says:

    Preach it!!!!
    Kon dit nie beter gese het nie!

  2. Jaco says:

    Thanks Wimpie, stem saam. Hu kan iemand van so lelik ding beskuldig word bly en smile? Maar daar in die valley waar jy ‘n pub oopgemaak het in Heidelberg is mos dieselle story met die skoolhoof wat nie homself kon gedra nie. Hoe explain jy die Heidelberg mense se optrede?

  3. marissa says:

    en ek dog dis net ek wat so voel! pheew…! spyker op al die koppe!