Die volle waarheid…. of nie?

Mens hoef maar net na die voorblad van die koerant van die afgelope week te kyk om te besef hoe siek die wereld is en hoe ver ons as ‘n spesie agteruitgegaan het in ons ‘evolusie’.

Ek is nie van plan om een van die oordelers te word nie so ek gaan volstaan met ‘n aanhaling wat die regter destyds aan Hansie Cronje gese het, spesiaal vir mnre. Els, van der Westhuizen, Klay en sommer Aglioti, Malema en Selebi:”The truth shall set you free”.

Dis ‘n wonderlike aanhaling maar moes eintlik begese het “the whole truth”. Ek kan maar net nie verstaan hoe iemand kan sien hoe sy hele wereld in duie stort, beluit om ‘uit te kom’ met die waarheid, reeds soveel moeilikheid het dat dit onmoontlik nie kan erger raak nie, en dan nog steeds nie met die HELE sak patats voorendag mee kom nie… ai wanneer gaan mense professionele PR mense kry en nie staatmaak op uitsmyters en voormalige sangsterre om hulle te help as die dinges die fan strike nie?

Mense, okay vriende, trap my uit omdat ek te min blog, ek stem saam, daar is ongelukkig net nie tyd om meer te kan blog nie. Ek is besig met ‘n baie groot projek, okay eintlik is ek besig met drie baie groot projekte, soveel so dat my eie mense al minder van my sien wat se nog lees!

Ek het ‘n jaar plan en ek gaan daarby stick, die plan is om myself naby aan morsdood te werk en dan van daar af genoeg te kan doen om te bekostig om dit die res van my lewe rustiger te kan vat.

Nou ja, dis my paar woorde van wysheid vir vandag, mag almal met wie dit swaar gaan op die oomblik, vrede vind, en glo my dit gaan met almal maar sukkel-sukkel!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Die volle waarheid…. of nie?

  1. Morrie says:

    Ja Wimpie. Ek stem saam. Waar het ons waardes en self respek heen verdwyn. Ek was self so 2 weke terug betrokke by iets wat nooit moes gebeur het nie. Na die gebeurte het ek die volgende dag gesit en huil en bid en besef dat die mens is uiters swak en dat net die Here sterk genoeg is om ons by te staan in als.

    Ek glo sterk dat n mens net daai swakheid in jou lewe ervaar as jy van die pad af gedwaal het. n Mens moet volkome op die Here vertrou en sterk staan in jou geloof. Jy moet gedurig bid vir krag, genade, vergifnis en Liefde. Liefde vir jou naaste, liefde vir die goeie dinge in plaas van die slegte wat jou laat struikel.

    Ek dink dis tyd dat gelowiges vir mekaar begin bid en dat ons saam vir die res van die wereld sal bid, want ek het besef hoe maklik dit is om te val. Kyk maar vir Hansie, Joost, Jurie, ens. As hulle volkome vertrou het en God die middelpunt van hule lewens gemaak het, sou dinge verseker nie sover gegaan het nie. Ek oordeel nie, ek was self daar en mens leer daaruit.

    Dankie vir jou blog, dit is vir my aangenaam om dit te lees want jy se dit soos dit hoort.

    Groete
    Morris

  2. vio says:

    “Na die gebeurte het ek die volgende dag gesit en huil en bid en besef dat die mens is uiters swak en dat net die Here sterk genoeg is om ons by te staan in als.”
    You can more about this?