Absurde dinge

As jy dalk die verkragting van die volkslied gemis het toe die Springbokke teen Frankryk gespeel het, nogal op Vrydag die 13e…. wie reel dat die Springbokke ‘n toets moet speel op ‘n Vrydag die 13e anyway….. hier is dit!

Ek kan maar net glimlag.

Dis ongelooflik hoe ouer  mens word, hoe korter raak die ure in die dag, daar moet ‘n logiese verduideliking daarvoor wees, wat dit is verstaan ek net nie heeltemal nie. Saterdag is ‘n goeie voorbeeld. Op my verjaardag lui die telefoon onophoudelik, ek kry net eenvoudig nie tyd om al die oproepe te beantwoord nie en toe ek uiteindelik kan begin dink aan terugbel is dat al 22h00 Saterdagaand…. malligheid.

Vir die eerste keer in ‘n lang tyd kan ek nie wag vir vakansie nie, ek het dit wragtig die jaar nodig, en die hartseer van die storie is ek dink nie daar gaan hierdie jaar vakansie vir die uwe wees nie. Die eenvoudige storie is daar is nie tyd nie, en daar is ook nie geld vir ‘n ordentlike vakansie nie, al my spaargeld is in projekte ingedruk waar ek nie nou kan geld uithaal nie…. bummer!

As jy nog steeds wonder oor die verwarming van die aarde en die invloed wat dit op die weer het, dan hoef jy maar net die temperature hier in die binneland die week dop te hou as dit klaar gesneeu het in die Drakensberge! J sneeu…. in Suid-Afrika…. twee weke voor Desember! Hulle verwag die maksimum temperature gaan onder 20 bly tot Vrydag se kant in Johannesburg en Pretoria!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Absurde dinge

  1. Ina says:

    Hi

    Hoop jy het jou verjaardag geniet.