Wat is alles fout?

In my dae as omroeper by  is ek byna daagliks oor die kole gehaal omdat ek dit baie moeilik gevind het om stil te bly en na almal se pype te dans en nie ‘n graaf ‘n graaf te noem as dit by dinge kom wat verkeerd is in die samelewing nie. Daar was van my verwag om mense te bullshit in die geloof in dat alles in die land positief is en dat Suid-Afrika en die regering nie een skelm het nie, o ja ek moes ook stilbly oor Robert Mugabe want “die luisteraars wou nie weet hoe die idioot Zimbabwe opneuk” nie.

My besoeke aan die “Three Stooges” soos ek na die “laksmanne” verwys het, die base se base, hehehe was byna so gereeld soos wat ek moes toilet toe gaan. Gelukkig deesdae, is ek vry om my se te se oor dinge wat verkeerd is in die land, kom ons wees nou maar eerlik, ons almal vermoed, en ek gebruik die woord vermoed, baie los, dat mense soos Jackie Selebi, Robert McBride en Glenn Agglioti ‘n klomp skelms is.

Ons vermoede word elke dan en wan bevestig en dan kom daar weer uit die bloute “nuwe bewyse” om die onskuld van hierdie wetters te bewys… soos daar nou weer nuwe bewyse is om aan te dui dat McBride (moordenaar en bomplanter) onregverdig behandel is in sy dronkbestuur saak toe hy Ekurhuleni se Metro Polisiehoof was…. ja bomplanter word Polisiehoof, net in Suid-Afrika en moontlik in Zimbabwe!

Nog iets wat my dwars in die krop steek is organisasies soos Icasa wat deur my en jou geld aan die gang gehou word en met ‘n klomp voormalige “freedomfighters” aan die stuur wat op ‘n lekker aftree pensioen geplaas is waarvoor ek en jy betaal, en wat eintlik maar tandeloos is en geen magte het om die mense wat hulle salarisse betaal, se lewens bietjie makliker te maak nie.

Ons almal weet Vodacom en MTN bedonner ons met die buitesporige pryse wat ons vir ‘n noodsaaklike diens moet betaal. Ons almal weet hoeveel geld hulle maak uit gewone mense wat sukkel om hulle huise te behou en kos te kan koop in die huidige ekonomie, ons almal weet HELKOM is ‘n groot aandeelhouer in Vodacom en almal praat daaroor, maar wat kan Icasa of die verbruiker regtig daaraan doen….. dadels!

As iets moet gebeur moet die regering pryse reguleer…. met ander woorde, Icasa het in werklikheid GEEN TANDE nie! Belaglik, intussen kan die selfoonreuse ons maar uitbuit soos hulle wil en profyte want tot 500% maak! Wat ‘n klomp kak!

Nog erger is die belaglike aansoek van die “walking dead”, mediese wonderwerk bullshitter Shabir Schaik, hy is ‘n mediese wonderwerk aangesien hy een van die langslewende terminaal siek pasiente is wat nog ooit hierdie planeet bewandel het.

Die aansoek is aan sy buddy Jacob Zuma om hom te “verskoon” vir sy misdade…. vir wat! Ek dog hy is besig om dood te gaan of het daar iewers een of ander wonderwerk plaasgevind wat hom gesond gemaak het!

Ons bly in ‘n Banana Republic en solank as wat organisasies soos ICASA tandeloos is, en radiostasies hulle omroepers en koerante hulle joernaliste verbied om oor die grootskaalse korrupsie in hierdie land verslag te doen, is daar ‘n donker toekoms vir jou, my en ons kinders!

Flippen belaglik!

Wimpie

PS: Die Bulle is weer in die final van die Curriebeker…. Whoopee! Niks om oor huis toe te skryf nie, hulle het maar net-net teen ‘n onbekende WP span gewen wat aan die begin van die jaar nie eers op dieselfde veld as die Bulle se Springbokke sou hoort nie! Die beste oomblik van die wedstryd wat die Bulletjies maar gelukkig was om te wen na ‘n oordeelsfout van die WP se afrigter, was Super Schalk se tackle op Fourie du Preez…. lekker en watch ons volgende jaar!

PSPS: Interessant hoe Bafana se afrigter kort voor die wereldbeker afgedank word omdat die spelers nie ‘n sokkerbal in ‘n oop net kan skop nie, en nege vriendskaplike wedstryde oral speel behalwe waar die wereldbeker volgende jaar plaasvind, in Suid-Afrika!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Wat is alles fout?

  1. Ina says:

    Hey, hoekom aanvaar julle nie maar die bulle het gewen!! onthou dit is nog nie die final nie enige iets kan nog gebeur, en dan is daar nog altyd volgende jaar wie weet dalk staan die beker dan in die Kaap.

    Lekker dag vir jou hier uit blou bul wêreld

  2. Ina says:

    Ja,ja, ons bly nog lief vir jul WP ondersteuners

  3. meermin says:

    SHARKS al het ons ons boude gesien !!

  4. Danie says:

    n voorsmakie van die wp span volgende jaar: voorry: Wicus Blaauw, Tiaan Liebenberg, Brock Harris.Slotte: Andreis Bekker, Adriaan Fondse.losvoorspelers: Duane Vermeulen, Francois Louw, Schalk Burger(k) Skakelpaar: Dewald Duvenage, Willem De Waal. Senters: Juan De jongh/ Morgan Newman/Peter Grant, Jacques Fourie. Vleuels: Bryan Habana en Gio Aplon. Heelagter: Conrad Jantjes en Joe Petersen, of een van die 2 op vleuel, en verskeie ander moontlike kombinasies. Pns kan werklik se watch ons vlge jaar, en dit die keer glo!

  5. Ina says:

    Nie werklik nie! Die WP kan moonlik volgende jaar weer ‘n beurt kry die enigste manier is om die bulle te koop! hiehiehie