Time for change!

Ek vind dit deesdae moeilik om ‘n aangeplakte gesiggie op te sit vir die bekotsenswaardige Suid-Afrikaanse musiekbedryf en sy godjies en selfaangestelde magnate. Ek wens ek kan net eenvoudig alles wat ek van die bedryf weet in boekvorm verwoord…. miskien doen ek dit tog eendag!

Bottomline is, dis tyd vir verandering en dis tyd om die bedryf te verander en dit gaan baie guts vat om teen die magtige pionne van die bedryf op te staan, soos gewoonlik is ek nie ‘n bang ou nie en sal dit dan maar myself moet doen!

Die hele bedryf het ‘n vernuwing nodig en die publiek is, soos ek, gatval om goedkoop gemors opgedis te word en dan nog hulle ore van hulle koppe af daarvoor te betaal. Hier kom ‘n ding en dis hoog tyd dat dit gebeur. Ek veg in die voorste loopgrawe teen die vyand van magsbehepte musiek moguls en die opdissers van gemiddelde gemors wat ‘n fortuin kos.

Julle kan die publiek net so lank om die bos lei en dis tyd om julle te ontmasker vir die magsbehepte geldgierige ‘magnate’ wat julle is. Soos ‘n pre-codesa massas wil ek ook uitroep “it’s time for change!!”

Hou hierdie spasie dop…. o ja en tussen hakkies…. probeer my sensuur! Poephol!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Time for change!

  1. meermin says:

    Nee ek weet nie wat om hier te comment nie … sal maar net sè HALLO geniet jou dag :smile: hoop jou aand gaan feeste wees !! ;-)

  2. platkuif says:

    Go Wimpie!

    so ‘n bek moet jem kry.

  3. Gideon says:

    Ahum…

    Goeie more Wimpie… sorry – goeie more Wimpie. Smaak my jy het ook jou combat boots aan eerder as jou kerkskoene.

    -Gideon-

  4. Morras says:

    More Wimpie, Jy moet begin kalmeer. Jou hart gaan dit nie hou so nie. Jy weet wat jy wil bereik, doen wat ookal jy moet om daar te kom en basta met die res. Ek het nie ‘n clue vir wie jy so die hel in is nie, maar as jy jou op mense gaan fokus gaan jy jou “bus” mis. Moenie laat ander mense jou lewe en doelwitte bepaal nie. Revenge is ‘n bliksem, dit laat jou verby die lekker in die lewe kyk, en belangrike geleenthede mis. Ek dink dit tyd dat jy meer gereeld blog !!!

    • Wimpie says:

      Ek weet Morras en jy is heeltemal reg, ek kan net nie skeinheiligheid verdra nie maar ek probeer! ek blog minder want ek is so besig met die pub in heidelberg hoop om jou daar te sien op 3 november saam pieter smith en gerhard steyn…

  5. Morras says:

    Sien jou daar !!

  6. Da Mario says:

    Hehehe, wel…. as ‘n ou met sensuur gedreig word dan het jy seker iewers ‘n punt beet wat mense senuagtig begin maak…
    Alles van die beste!