Nostalgie of wat?

Ons almal het iets in die lewe wat jou nostalgies maak, iets wat jou kalmeer as die see rondom jou bietjie rof raak, iets wat jou weer perspektief in die lewe gee en iets wat jou so tikkie emosioneel maak en ‘n traan in die linkeroog laat kry, soos almal weet ek ook wat my iets is wat al hierdie dinge vir my doen…. dis Neil Diamond vir my.

As jy hierdie blog al die afgelope drie jaar volg sal jy weet dat ek hier my lewenspaadjie se journey en groei probeer dokumenteer, ek het lankal besluit wat besig is om met my te gebeur is te groot om oor te vertel in ‘n kort storie, dit gaan ‘n lang storie wees…. hierdie blog het al amper 650 inskrywings!

Gister toe stap ek soos ek maar af en toe doen, bietjie in ‘n CD winkel rond en daar sien ek die nuwe Neil Diamond CD op die rakke, ek kan nooit genoeg van die man kry nie en die CD was sommer vinnig saam my oppad huis toe. Dis my “feel good” musiek, gee my hoop vir die lewe en laat my bietjie meer van myself en my journey op hierdie aarde vertel.

Ek ontdek toe ‘n heel nuwe ND song wat my hele uitkyk op die lewe so in een storie saamvat!  Dis min of meer hoe ek oor die lewe voel:

“I’m a man of God, though I never learned to pray, walk the pathways of the heart, found them there along the way. and I am yes I am, yes I am a man of faith, faith is something you cant see, but if you’re gonna make it through, faith is the way it’s gotta be, I’m thanking you Lord for giving me some…. and for taking my hand, I may go to heaven when I reach the end, but up untill then gonna do all that I can….”

Snaakse ding die nostalgie, dis daai ding wat jy nie aan iemand kan verduidelik nie, daai ding waar jy kan proe, ruik en raak aan jou verlede, waar jy die eerste keer was toe jy Hot August night ontdek het, waar het jy gebly, wat het jy gedoen, hoe het die huis geruik as daar kosgemaak word… toe jy die eerste keer die woorde van Glory Road gesnap het, en sommer net hoekom dit goed is om te lewe.

Ek is optimisties oor die toekoms, ek het te hard gewerk om nou tou op te gooi, dis net ‘n kwessie van tyd dan gaan dit gebeur, ek weet en verstaan dit en het besluit om die journey na sukses net soveel te geniet as wat ek dit gaan geniet as ek daar gekom het. Mens moenie so fokus op dit wat jy wil doen, dat jy nie die pad soontoe geniet nie, die pad soontoe is dikwels langer as wat die eindbestemming is…. vra my ek weet!

Ek weet nie of dit nostalgie, hoop of geloof is wat met my aangaan nie, al wat ek weet is ek is besig om elke dag ‘n beter mens te word en die onstuimigheid in my hart raak elke dag stiller en stiller soos ek vorder op my lewenspaadjie en dit…. is ek seker… is ‘n goeie ding!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Nostalgie of wat?

  1. Danie says:

    Ek skryf ook vandag oor n paar memories, memories is wat die pad na die eindbestemming n ongelooflike reis maak. Vol pret, lag, samesyn, hartseer, liefde. Dis great! Ek dink ons word nou mooi groot, dit het ons blerrie lank gevat!

  2. Ina says:

    Ek stem 100% saam. Julle is en was die naaste wat ek en Elize aan boeties gehad het in ons groot word jare. Ons het vakansies darem lekker aangejaag. Ek onthou die dag toe jou ma agter ons ingevlieg het toe ons die bediende kamer met kluite bestook het. Wimpie ek glo nog al die jare in jou, jy het al so baie bereik en soos ek in die verlede gesê het jy leef jou droom.

    Lief vir jou en Danie en stuur groete vir jou ma’le sê vir haar ek mis haar.