Mens moet maar leer…

Dit was ‘n lang weke met balangrike lesse geleer oor Confidentiality Agreements en hoeveel inligting jy, met seker meer belangrik, wie deel.

Ek is baie opgewonde oor ‘n paar projekte wat ek ongelukkig, as gevolg van bogemelde rede, nie nou en hier kan bespreek nie. Kom ons se maar net ek dink die jaar gaan veel beter eindig as wat hy begin het, ek is veel meer wyser en ek is nie meer so gretig om my toekomsplanne en idees met die hele wereld te deel nie.

Ek het geleer om ook DTA agter my naam op my besigheidskaartjie te laat aanbring (don’t trust anybody).

Ek kan nie wag vir die naweek wat voorle nie, ek het besluit om bietjie af te skakel en te vergeet van alles en almal, ek het ‘n lekker samekoms van friende en familie by my huis, die spit is reeds by die huis afgelaai en ek begin myself sielkundig voorberei vir twee lekker Curriebeker halfeindstryde Saterdagmiddag. Dit sal wonderlik wees as die Westelike Provinsie die knoop kan deurhak maar ek verwag niks, as ons wen is dit ‘n bonus.

Vang solank gees!

Gisteraand ontdek ek hierdie op die internet, bring groot memories terug!

Lekker naweek

Wimpie

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Mens moet maar leer…

  1. Danie says:

    OMW! ek dink ons was almal in trane na daai fight. Ek onthou Gerrie se boksbroekie presies, en Kallie sin was Rooi met n wit streep. Nice memories