As mens kwaad word…

Wanneer iemand agter jou rug gaan en ‘n transaksie gaan doen wat jy eintlik al die grondwerk voor gedoen het, dan verwag jy darem dat hulle ander beskrywende woorde sal gebruik en moontlik selfs die konsep hier en daar sal verander….. wanneer hulle egter selfs jou woorde gebruik en net eenvoudig jou hele konsep net so gebruik grens dit aan absurd en weet jy hulle glo jy is onnosel om dit nie agter te kom nie.

As dit boonop ‘n groot event is wat baie in die publieke oog gaan wees en jy het hulle oorspronklik betrek om JOU te help, dan weet jy daar het dinge agter jou rug plaasgevind waarvan nie jy of die PPK kerk van bewus is nie, dan weet jy, jy het jou eerste goue reel oortree…. mens doen nie besigheid met predikante nie!

‘n Multimiljoen rand transaksie is egter nie sommer net iets wat jy maar net laat gaan nie, en ek is ook nie van plan om dit te doen nie so hier kom al weer ‘n ding, ek het klaar met mense gepraat met wie ek moes en kom ons se maar net, dit is gewis nie die einde van die saak nie…

Daar is ‘n moontlikheid dat ek ‘n week of twee Kaap toe sal moet gaan vir besigheid, ek het ‘n vergadering vanoggend daaroor, die werk wat ek daar moet gaan doen maak my baie opgewonde maar ek moes ‘n geheimhoudingskontrak teken….iets wat ek in die toekoms beslis gaan gebruik, so ek kan nie daaroor praat nie.

Daar is ook twee ander projekte wat die uwe mee betrokke is wat my opgewonde maak op ‘n mooi stil manier… ek is nou al oud genoeg om te verstaan dat voor jy ‘n koek kan bak, moet jy eers al die bestandele kry… en ja … al my idees is van nou af “billable”!

Geniet jou dag!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.