Al weer ‘n les!

Van God se hele skepping is die mens seer sekerlik die mees arroganste en selfsugtigste. Mense kan ook wreed wees teenoor ander mense en dit vat gewoonlik ‘n uitsonderlike gebeurtenis om ons tot ons sinne te laat kom.

Geld is die wortel van alle kwaad, dis ‘n ou gesegde wat al soveel keer gese is. Wanneer iemand selfmoord pleeg dan hamer die verwyte jou en begin jy wonder hoeveel jou woorde in die geheel tot die daad bygedra het.

Ek is ‘n reguit mens…. te reguit … en tot nou toe was die geluk maar net aan my kant, my woorde kon al soveel keer te veel gewees het vir iemand wat sensitief is, dis iets waaroor ek nooit gedink het nie.

Aan myself het ek ‘n nota gemaak om terug te gaan in my lewe en te gaan dink wie ek al iets lelik voor gese het en dit te gaan regmaak, om nooit weer iemand te oordeel nie. ‘n Voormalige kollega van my het gister gese “never judge a person untill you’ve walked a mile in that person’s shoes” en dis so waar.

Spyt is ‘n goeie ding maar dit kom altyd te laat. ‘n Jong man is dood as gevolg van hierdie siek musiekbedryf van ons waar kunstenaars opgehemel word tot die status van godjies en dink hulle kan met die hulp van die media ander mense se lewens en loopbane verwoes en afdreig en gyselaar hou soos wat hulle wil en dit alles oor ‘n paar rand.

My les is geleer hieruit, ek gaan probeer regmaak aan almal wat ek al wetens of onwetend beledig het met my woorde en ek gaan ‘n wag voor my mond sit. Dis my les wat die Here my vandag wou leer….. wat is joune?

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Al weer ‘n les!

  1. Danie says:

    Ek dink die Here probeer vir almal in hierdie blog en facebook kringe van ons iets se, van leef vandag, en doen goed teenoor ander vandag, want daar gaan nie weer kans wees nie. Ek glo nie in toeval nie, en het my blog geskryf voor ek joune gelees het. My boodskap op my blog vandag kom op dieselfde neer!

  2. meermin says:

    Leef elke dag asof dit jou laaste dag is is my leuse in die lewe!! Invite my dan op FB.

    Het juis net nou so op jou arme broer se blog af gepak!!

  3. Morrie says:

    Ek was bevriend met die jong man en mense na aan hom. Dit was soos jy sĂȘ, n wake up call. Dis net jammer mens vergeet partykeer die ‘wake up call’ te vinning.

    Wat n verlies :-(