Die dood

Die laaste konsert wat ek van Irene gesien het was die een by Jukebox se paar maande geledeDit voel asof al wooroor ek deesdae praat is die alomteenwoordigende skaduwee wat die dood op ons almal se lewens plaas. Net nou die dag was dit ‘n vriend wat verloor is en gister ‘n kollega. RIP Irene van Wyk, my laaste gesprek met haar so ‘n paar weke gelede het oor die beplande duet met haar en Raymond gegaan. ‘n Projek waaroor sy opgewonde was, ons sou bietjie later bymekaar kom dat ek die liedjie wat ek ingedagte gehad het by haar kon uitkry…

Dit sal nou nooit kan gebeur nie. Irene was ‘n besondere vrou wat al die kante van die lewe ervaar het en was ongelooflik snaaks. Ek sal haar altyd onthou vir haar spitsvondige humorsin en baie skerp intellek. Haar weergawe van Tina Turner se Simply the best was ‘n hoogtepunt van haar konserte wat destyds saam met Steve Hofmeyr begin het….

RIP Irene… Die foto van haar is geneem die laaste keer wat ek haar in aksie gesien het ‘n paar maande gelede by Jukebox.

 

Die gesloer van ons land se Selfoonnetwerke om pryse te verlaag en om hulle winsgrense bekend te maak, doen onberekenbare skade aan die openbare beeld van Vodacom, MTN en Cell C.

 Daar word al lankal gemor oor die hemelhoog pryse wat ons in die land vir die Internet….. wat byna nooit werk nie danksy ons patetiese 3G netwerk… en telekommunikasie. Dit alles het begin by Telkom wie se pryse ons reeds weet van die hoogste in die wereld is, en al by geleentheid blameer is vir die gebrek aan ekonomiese groei in die land.

Nou wonder ek hoeveel mense is bewus daarvan dat Telkom ook die meerderheid aandeelhouer in Vodacom is? Ons betaal R1-25 vir ‘n diens wat in werklikheid net sowat 25c kos. Hoeveel Biljoene bedonner die selfoonreuse ons mee elke jaar en hoe lank gaan daardie bastion van die publieke beskermer, Ikhasa, nog bewys hoe tandeloos die organisasie werklik is?

Dis byna so absurd as die stellings wat Steve maak in sy eis teen Huisgenoot se redakteur en wat vanoggend onder die publiek se aandag gebring word deur sy persoonlike publieke skakelbeampte en hoof priester in die aanbidding, Philip de Bruin!

Die arme vuisvoos verbruikers in Suid-Afrika is besig om hulself te staal om aan te sluit by die groepie lande wat die meeste in die wereld betaal vir elektrisiteit, danksy die wonderlike leemtes  van regstellende aksie wat so pragtig vir ons deur Eskom geilustreer word.

Wonder hoe sal my voormalige “baas” Johan Kruger, daai een regverdig…. Ja mnr. Kruger, jy behoort so binne die volgende drie jaar R4 800 pm te betaal ipv die R1 500 wat jy nou betaal…. Dis lekker in Afrika!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Die dood

  1. Danie says:

    Die hele land word uitgebuit en sodra hul uitgawes begin om inkomste te oorskry, trek die lot wat so naarstiglik vir almal rekeninge oopgemaak het, en krediet voorsien het hul skouertjies op en se- Betaal! Ek se lankal selfone is n groot rede vir Suid-afrikaners se finansiele agteruitgang. Mense betaal hul ore van hul kop af aan selfoon kontrakte, maar betaal nie skoolfondse nie!Mense is vuisvoos met skuld, duur en swak dienste, mikrolenings ens. Meeste staatwerkers het meer oortyd gekry as hul basies, maar oortyd is weggevat, hoe maak hulle nou? Mense besef nie wat resessie is nie.