‘n Nuwe week

Soms kan mens nie anders as om net so bietjie te glimlag vir die mannewales wat mense aanvang nie.

Ek kon ook nie anders as om net te glimlag terwyl ek toekyk hoe mense om my ‘selfdestruct’ nie….

Dit daar gelaat… dis ‘n gesprek vir ‘n ander dag en ‘n ander tyd… Raymond het ‘n baie bedrywige naweek gehad met drie shows in twee dae, waarvan twee baie groot suksesse was en die ander een ‘n baie goeie leerskool en baie waardevolle ervaring opgedoen is, vir hom, en vir my.

Aardklop le om die draai en ek weet nie of ek my verbeel nie, maar dis ‘n bietjie ‘low key’ die jaar in vergelyking met verlede jaar, miskien is dit net ek maar ek dink al die feeste is ook bietjie besig om die knytang van die ekonomie te voel. Moenie dat mense jou vertel die resessie is verby nie, want dit is nog nie. Die klein opflikkering in die ekonomie is te wyte aan die feit dat die winter sy laaste stuiptrekkings gemaak het en die somer almal bietjie meer positief maak en ‘n sprong in die stap van die meeste mense sit.

Die top 4 bands van Klipdrift BOTB’s is almal te sien op Aardklop by Bourbon Street en by Klip-innie-bos. As jy Potch toe gaan, doen moeite om Live this down, Flowing Water Band, Munkinpure en Mrs. B te gaan kyk.

Raymond is ook in aksie by Klip-innie-bos, ek sal datums en tye later deurgee.

Jammer aan die mense wat graag Raymond met sy band in aksie wou sien die naweek, weens “logistieke” probleme was dit ongelukkig nie moontlik nie, maar dit behoort nie weer te gebeur nie.

Ek hoop dis ‘n lekker week vir almal.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to ‘n Nuwe week

  1. meermin says:

    Hi jy gaan dit nog goed ?? Daar is net te veel blogs en te min tyd om almal te lees, maar ek loer darem nog so af en toe hier in !!

  2. meermin says:

    Hi ek is nie ‘n MAN nie …. was jy nou die ander dag in Wonderpark? Het iemand daar gesien wat gelyk het soos jy!!