Drommers…. by feeste!

Raymond in aksie met sy regte band by sy CD Launch

Raymond in aksie met sy regte band by sy CD Launch

Bietjie rof gegaan met die uwe die laaste twee dae.

Raymond tree Saterdag by die Varkfees in heidelberg op met sy band en daar moet ek op die laaste nippertjie hoor dat sy drommer nou net vir een kunstenaar mag speel, wat beteken dat baie kunstenaars nou minus ‘n drommer is aangesien hy ‘n session drommer is wat vir baie ander ouens ook GESPEEL het…

Anyway, lang storie kort, Raymond is nou terug by sy oorspronklike band en nou sommer baie meer gemaklik ook met die band, en sien baie uit na sy vertoning by die Varkfees, direk na Gerhard Steyn Saterdagaand….

Raymond gaan kook, sy band is sommer kookwater en hy sien baie uit daarna om die fees toe te maak die jaar…. Moenie dit misloop nie hy is in aksie van 22h00 tot 23h00 Saterdagaand.

Nou ja, ek moet ongelukkig hardloop so baie om nog te doen voor Vrydag…. en actually voor die einde van die jaar, dit is immers al September!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.