Dis altyd lente…

Realiteits televisie – of jy daarvan hou of nie, dis hier om te bly.

Ek het die laaste tyd bietjie meer tyd by die huis spandeer wat beteken ek het bietjie meer tyd gehad om TV te kyk. The Bachelorette het my oog so bietjie gevang, ek dink dit was omdat daar op een dag iets soos drie episodes op was. Nou wonder ek of dit rerig moontlik is om verlief te raak en die liefde van jou lewe op televisie te vind en ek moet se ek dink dis ‘n klomp bollie…

Vat ‘n gewone mens en sit hom of haar voor ‘n TV kamera en wat kry jy, wel jy is verspot as jy dink jy kry iemand wat homself of haarself gaan wees. Dis net menslik om bietjie te ‘act’ voor ‘n kamera so die persoon wat jy dink jy op verlief raak is eintlik in die privaatheid van hulle eie huis ‘n heeltemal ander persoon as voor die kameras…

As jou hart dan op televisie gebreek word dan moet jy dit maar aanvaar as deel van die show… Hoe lank kan dit in alle geval vat om lief te raak vir iemand. Ek glo nie aan die hele ek is lief vir jou storie, binne ‘n maand nie.

As jy rerig wil lag dan is die Bachelor nie die beste lag op televisie nie. Daarvoor moet jy ‘ROCK of love’ kyk met die rockster Brett Micheals wat probeer liefde vind op televisie. Vir die van julle wat nie weet nie hy is eintlik beter bekend as een van Pamela Anderson se x’e Kid Rock.

Waar hulle die vroumense wat hierin speel kry sal net die TV base weet…. hulle is om die minste te se bisar. Maar nou ja, kykers soos ek vreet dit op en hulle maak sakke vol geld, en dit se baie vir ons intellegensie vlakke en verduidelik hoekom dinge verkoop.

As ek daarna kyk dan verstaan ek skielik hoekom verkoop Steve Hofmeyr soveer CD’s soos wat hy doen…. en die Campbells en en en.

Ai…. sterkte aan die ware ernstige vermaak in die wereld.

Ons het ‘n nuwe lid van die familie in die huis. So vyf maande terug het ons ‘n Pekingese tefie gekry. Ek was nog nooit ‘n honde mens nie en glo nie aan honde in die huis nie maar hierdie een het sommer vinnig diep in my hart gekruip, soveel so dat ek die naweek besluit het om vir haar ‘n ‘verloofde’ te kry. ‘n Mannetjie van sewe¬†weke, pikswart met wit voetjies.

Ek kan nie wag vir die eerste kleintjies nie en dink ek gaan almal hou behalwe een wat ek vir Raymond belowe het….hehehe!

Dis lentedag. Geniet die lekker weer, 26 grade se hulle, dink ek gaan dit vier met ‘n braai!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.