Vir Wimpie

Ek het doelbewus nie gister geblog nie, die rede daarvoor is ek wou maksimum blootstelling aan die Klipdrift BOTB gee en ek het persoonlike goed gehad om uit te werk vir myself…

Die waarheid is dat ek en Yolandi se paadjies geskei het, die keer finaal. Ek wens haar alle sukses toe vir die toekoms en dis jammer dat alles nie net kon uitwerk nie. Daar is soveel goed wat verander as mens saam was en nie meer is nie. Die saamslaap deel is die moeilikste, dis nou die saamslaap deel, ek slaap nie lekker alleen nie, inteenteel ek slaap glad nie as ek alleen slaap nie, ek kan nie onthou wanneer laas ek geslaap het nie.

Daar is die gewone gevoellens van “ek is ‘n mislukking en kon nie die verhouding maak werk nie”. Dan knak jou selfbeeld en dan twyfel jy of jy ooit iemand anders gaan kry want “dis my skuld”.

Dan onthou ek hoe ek nie in die begin in ‘n verhouding wou wees nie oor presies dieselfde gevoellens van mislukking wat ek tans weer ervaar en ek wonder of alles die moeite werd is.

Mense help ook nie juis nie, dis moeilik vir mense wat nie in jou posissie is om te kom oordele fel. In die eerste plek was niemand daar toe ons die intiemste oomblikke met mekaar gedeel het nie, daai mense het ook nie saam met ons 99 sakke sout opge-eet nie, hulle het ook  nie gedeel in ons lief en leed nie so hoe is dit moontlik om net vir een oomblik in my of haar skoene te staan….

Mens takel maar alles stap vir stap en tree vir tree, dis hoe mens alles doen, stap vir stap….

Die rede hoekom ek hierdie verhouding dokumenteer is omdat hierdie blog veel meer as ‘n blog is vir my. Eendag as ek hieraan dink moet ek kan teruggaan en onthou hoe ek gevoel het daaroor.

Daar sal geen inskrywings hier wees vir die res van die week nie. Ek het my tyd nodig…

Die laaste ding wat die uwe nou gaan doen is om halsoorkop weer myself te pletter te hardloop in ‘n nuwe verhouding in, dit gaan nie gebeur nie. Wat egter ook nie gaan gebeur nie is dat ek by die huis gaan sit…..’n hengse vierslaapkamer huis…. en vergaan nie. Vriende en vriendskap is al wat ek kan offer tans…

Daarmee dan die einde van hierdie hartseer hoofstuk in my lewe ek is seer en hartseer maar die lewe gaan aan, ek gaan die res van die week spandeer om my wonde te lek en om te herstel.

Totsiens Yolandi…. wees soet!

altyd

wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Vir Wimpie

  1. Ina says:

    Wimpie ek wens ek was by jou net om jou ‘n drukkie te kan gee en jou te bemoedig. Sterkte en soos jy sê die lewe gaan aan. Jy moet rustig raak die regte persoon sal eendag jou pad kruis. Op die oomblik is jy net te besig. ((((((WIMPIE))))))

    Liefde jou nig

  2. Da Mario says:

    Ja wel ou maat, wat kan mens sê buiten dat dit moer hatseer is en dat tyd dinge beter maak.
    Alles van die beste, jy weet jy sal oraait wees!
    Cheers,
    DM