Toeriste en video’s…

September is toerisme maand in Suid-Afrika. Ek luister vanoggend na al die mooi plannetjies wat die minister van toerisme mnr. Kortbroek van Schalkwyk alles beplan en die eerste ding wat my opval is iets wat ek al lankal se.

Ek was bevoorreg genoeg om al in 35 lande voet aan wal te gesit het, in my jonger dae was ek lief vir travel en ek het elke sent wat ek moontlik kon bymekaar maak spandeer om ander lande te gaan sien, dis iets wat al in matriek vir my begin het toe ek op ‘n rugbytoer sommer vyf Suid-Amerikaanse lande gesien het.

Later het ek die waarde van ons eie land besef en probeer oral in Suid-Afrika uitkom. Ek verstaan dus omstandighede in ons eie land en in die buiteland en wat ou Marthinus probeer doen om mense in Suid-Afrika te laat toer is ‘n great idee met baie meriete, ongelukkig is daar net een wesenlike probleem….

Suid-Afrikaners speel nie saam nie. Gaan probeer bietjie Desembermaand vir twee weke in die Kaap gaan vakansie hou saam met jou vrou. Jy gaan nie vir twee weke wegkom onder R15 000 nie, dan moet jy nog kos koop, brandstof ingooi, Tafelberg op…. uhm teen so R300 per persoon, Robbeneiland toe, nog R350 per persoon…. jy het nog nie eers ‘n broodjie ge-eet nie!

Die waarheid is dat daar pakette oorsee is wat baie goedkoper is as om jou eie land te gaan verken. New York is baie goedkoper, selfs met die rand dollar wisselkoers, as byvoorbeeld Kaapstad wat een van die duurste stede in die wereld is…

Voor ons toerisme maand omhels en die idee koop van toer deur jou eie land, maak dit bekostigbaar vir die gemiddelde Suid-Afrikaner om Kaapstad, Wildtuin, George, Plettenbergbaai te gaan besoek…. of maak dit ten minste goedkoper as ‘n 7 dae pakket Mauritius toe…. vir R7000 vliegtuigkaartjie en drie etes per dag ingesluit!

Beplanning aan Raymond Ray se tweede musiekvideo is in volle swang aan die gang. Ek wil iets anders doen as die gewone standaard Afrikaanse musiekvideos wat oor die algemeen maar uiters swak is. Dis dan nie moeilik om ‘n video te maak wat uitstaan nie.

Dink ‘n bietjie, behalwe Bok van Blerk se musiekvideos, watter Afrikaanse musiekvideo staan vir jou uit bo die middelmatige res…. NIKS!

Ek is op soek na mense om in die video te wees, so as daar ‘n akteur of aktrise in jou wegkruip…..laat my weet!

Daar is baie en GROOT verwikkelinge in my beroepslewe aan die gang, ek onderhandel al die afgelope twee weke en is nou naby aan die einde van die onderhandelingsproses waarna ek in staat sal wees om ‘n aankondiging te maak. Sodra ek kan sal ek, dis baie opwindend vir my.

Lekker dag, dis amper naweek!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Toeriste en video’s…

  1. Gideon says:

    Afrikadag en Ek het nog my lewe se videos ;) .

    -Gideon-