Hoe en hoekom mense verander!

Dit is altyd vir my hartseer as ek sien hoe geld, roem, sukses mense verander, veral mense wat ek al lank ken en wat  ek nooit gesink het sommer net sal verander nie.

Sonder om name te noem is ek bitter teleurgesteld in ‘n vriend wat groot sukses behaal het die afgelope ses maande. Dat hy hierdie sukses verdien is nie onder verdenking nie hy het besonder hard en lank gewerk om sukses in sy beroep te smaak. Almal het geweet dis ‘n kwessie van tyd, niemand het ooit daaraan getwyfel nie. Wat ek nie verwag het nie is die gedaanteverwisseling na dit gebeur het.

Skielik is die enigste onderwerp/persoon waaroor/van hy kan praat homself. Dis so onnodig. Iemand het op ‘n tyd vir my gese die beste manier om iemand se karakter te toets is om groot sukses en groot mag vir ‘n mens te gee, wat hy of sy dan daarmee doen sal aan jou wys watse tipe mens dit is.

Die afgelope week spandeer ek so nagenoeg ‘n uur in die persoon se geselskap, ek dink nie ek het 10 sinne kon inkry in ‘n gesprek wat NET oor hom en sy sukses gegaan het nie. Ek is teleurgesteld en sal nie sommer weer die vrymoedigheid he om die telefoon op te tel en te bel om sommer net te hoor hoe dit met my pel gaan nie. Dis hartseer maar dis hoe dit is. Geluk ou maat, ek hoop dat jy jouself weer iewers op jou pad sal raakloop en weer terugkeer na normaal toe…

Die afgelope week het ek tyd met Wian spandeer omdat dit vir my belangrik is dat hy sekere goed van sy pa af moet leer voor hy vooropgestelde verkeerde idees van die lewe kry, so het ek hom op ‘n uitstappie gevat na die Apartheidsmuseum toe by Gold Reef City.

Die kinders van vandag het nie ‘n idee van die geskiedenis van ons land nie, deels omdat Wian op 8 jarige ouderdom nie ‘n clue het wat apartheid is/was nie, en deels omdat ek twyfel of hulle dit op skool gaan leer. Ek wil ook nie he hy moet van rasiste of radikales leer van apartheid/verdraagsaamheid en die komplekse probleme van ons land nie.

Ek was bietjie geskok oor sy kennis van ons land se geskiedenis en ek is bly ek kon hom leer van Mandela/De Klerk en die dag toe die AWB deur die vensters van die Trade Centre gery hy. “Is dit rerig by Emperor’s Palace” wou hy weet…. Ja seun, maar dit, soos die hele storie van ons transformasie, is ook ‘n lang een….

Ek is bly ek kon die eerste hoofstuk vir hom vertel en sien uit daarna om met die tyd die res vir hom te verduidelik en te probeer die komplekse werklikhede van die Suidpunt van Afrika aan hom te verduidelik sonder om sy brein te benewel met vooroordele…

Ek is vanoggend vroeg aan die gang, my dag begin met ‘n vergadering 08H30…. vroeg vir my! Geniet Joune!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.