Helkom….

Wat is die een onkoste waarsonder Suid-Afrikaners nie kan klaarkom nie, wat onder die drie hoogstes in die wereld tel en waarvan die dienslewering as die swakste in die wereld gereken word?

Reg geraai as jy aan jou selfoon gedink het.

Die druk is nou vierkantig op IKASA geplaas om te sorg dat selfoon oproepe met minstens R! per minuut gesny word. Omtrent tyd dat dit gebeur. Net gisteroggend kon ek nie blog nie want ek het GEEN 3G sein gehad om dit mee te doen nie. Dan gaan doen jy bietjie navorsing en sien dat Telkom so bietjie meer as 50% van Vodacom besit en dan maak alles skielik sin…. die hoe koste, die swak diens……

As jy mooi daaroor gaan nadink, naas jou huis en jou kar wat is jou volgende hoogste lewenskoste? Hoe is dit geregverdig, die aanvanklike uitgawe van die koste om die netwerk op te stel moet teen die tyd lankal gedek wees maar nog steeds is ons selfoonkostes onder die heel hoogste in die wereld.

Hoekom is Ikasa huiwerig om gehoor te gee aan die uitdaging om selfoonkostes af te bring tot binne internasionale standaarde? Wie is besig om geld by wie te kry om stil te bly? Ek het so ‘n gevoel hierdie kwessie is besig om in nasionale belang, binnekort op die voorgrond gebring te word.

Terwyl ons met selfone besig is kan dit ook sommer kyk na Internetkostes wat vir die kwaliteit diens wat ons kry, loshande die duurste in die wereld is en die ekonomie aan bande le omdat dit byna sake onmoonylik maak vir jong opkomende besigheidsmense om besigheid met die res van die wereld te doen.

Almal weet van die nuwe see kabel wat gele is en veronderstel is om ons lewe makliker te maak….. maar teen watter koste? Wie is die rolspelers wat die pryse gaan bepaal en watter rol speel Helkom in hierdie hele proses…. Ek dink ons is in vir ‘n surprise want ek het ‘n voeltjie hoor fluit dat Helkom reeds sy vuil kloue op die meerderheid aandele van die reddingsbooi gekry het, en dit, kan niks goed voorspel vir die kostes van die nuwe diens nie….. kom ons kyk maar wat gebeur maar ek is bevrees ek is reg!

Ek het gisteraan 22h00 gekyk hoe wen Caster Semenya Suid-Afrika se eerste goue medalja by die Atletiek Wereldkampioenskappe sedert Hestrie Cloete/Els… Sy het die beste tyd van die jaar in die 800m vir vroue gehardloop en 20m voor haar naaste teenstander klaargemaak…. ‘n Grootse prestasie! Nou gaan die hele bohaai of sy rerig ‘n vrou is?? Wel as sy rerig ‘n vrou is, gaan daar erg eier op party mense se gesig wees en gaan daar groot verskonings gevra moet word!

Dis lekker koud vandag hier in Gauteng, veral as mens alleen slaap, dit word hopelik binnekort uitgesorteer! Die uwe spandeer vandag tyd saam met Micheal Jackson (ook bekend as Wian van der Sandt) koue of nie, hy het skoolvakansie en ek het belowe om hom Gold Reef City toe te vat en by my woord gaan ek bly!

Maandag begin die werk weer in alle erns, daar is gister ‘n paar baie belangrike besluite geneem oor my toekoms en dis tyd om dit alles in plek te sit…. daar is ook rumours wat nie wil weggaan nie oor ‘n moontlike groot datum wat iets met ‘n ring uit te waai het…. ek weet nie sal maar moet kyk wat gebeur volgende…

Lekker dag vir jou, ek en Wian is op die pad sommer vroeg al!

Tata

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.