Genoeg

Nabetragting is altyd ‘n goeie ding maar het net een probleem…. Dit kom altyd te laat!

Dis egter ‘n goeie ding want dit stel jou in staat om helder en nugter oor alles in die lewe na te dink en om ‘n lyn te trek tussen fiksie en realiteite.

Die belangrikste karaktereienskap wat ek van enigeen wat betrokke in my lewe is, verwag, is lojaliteit. As jy nie daaroor beskik nie stel ek nie belang in jou liefde, vrienskap en/of besigheid nie. Twee van my vriende het die afgelope naweek jammerlik misluk in die lojaliteitsafdeling en gaan nie meer die voorreg he om my te misbruik en gebruik nie.

Die beginsel is eenvoudig, se voor iemand, en in sy gesig, wat jy agteraf en in vreemde geselskap bereid is om van hom te se. Wanneer jy dit nie kan doen nie is jy net eenvoudig dieselfde werd as ‘n vetkol op ‘n nuwe hemp…. niks!

Probleem is net dat dit my altyd te lank vat om deur hierdie mense te sien omdat ek net eenvoudig nooit bereid is om die slegte dinge van mense te glo nie en nie kan glo dat mense voor jou jou beste vriend kan wees en agteraf ‘n ruggraatlose slymslakker sonder ruggraat nie.

Alle geval, soos altyd, is ek bly wanneer die waarheid uitkom en twee minder kerskaartjies by Cardies die uiteinde van die saak is.

Ek en Yolandi het ‘n ernstige gesprek die naweek gehad en het besluit om dinge weer ‘n kans te gee. Ons is lief vir mekaar maar besef daar is dinge wat moet verander van my kant af….. en natuurlik ook van haar kant af. Ons het die naweek oorleef en is liewer vir mekaar as op enige ander stadium van ons jaar lange avontuur. Ek vra aan almal om dit te respekteer en ons die geleentheid te gee om te probeer dinge uitwerk sonder buite inmenging van “vriende” wat nie rerig weet wat aangaan nie, en ja, ek weet wat jy agteraf vir haar vertel as jy my vertel sy bel jou mal en jy bly haar vertel jy is ‘n vriend van my….hahaha!

Vanoggend 12H30 breek hulle…. weer…. vir die soveelste keer by my besigheid in, en steel weer…. vir die soveelste keer alles wat hulle in 5 minute voor die sekuriteit opdaag, bymekaar kan maak….

Soos altyd het ek weer ‘n mooi video van die hele avontuur op kamera vasgele en sien ek weer die bliksem se gesig uittartend voor my op die skerm…. en vanaand…. wel vanaand pak ek my slaapsak, en my baseballbat…. en slaap ek net daar, sommer op een van die banke…. en die hemel behoed en bewaar jou as jy dit weer probeer vanaand…

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Genoeg

  1. Karin says:

    Ek weet SO wat jy bedoel. Inmenging is ‘n vieslike ding, en te veel mense eien hulself daai reg toe. Die probleem is, mense weet nie meer wat respek beteken nie. Jy en Yolandi verdien ‘n kans op geluk, en waar daar sulke groot liefde tussen twee mense bestaan, moet dit amper as ‘heilig’ gerespekteer word. NIEMAND het die reg om daar rond te krap nie; enigiemand wat probeer is so goed soos die dief wat hom-/haarself by jou besigheid inforseer en jou goed steel. Die inmengers steel net uit jou verhouding. En net soos jy ‘n dief sal herken en verwilder (of iets erger mee doen), so moet mens die inmengers maar ook herken en verwilder. Dit wys lojaliteit aan die persoon wat jy liefhet. Inmengers is net nie so blatant nie, hulle’s subtiel, ‘scaly’ en kom in die gedaante van mooi gesiggies wat maak of hulle jou beste belange op die hart het, maar intussen gaan dit eintlik net oor hulleself.

    Sterkte aan jou en Yollie, julle kan dit maak werk.

  2. Karin says:

    O ja, en nabetragting kom nooit te laat nie; SPYT kom te laat. :-)