Friends…

Stadig maar seker is ek weer besig om mens te word na die beproewinge van die laaste paar weke. Die hele land het geldprobleme en bittermin mense met wie ek in aanraking kom voel nie die druk nie. My hart bloei vir my vriende en mense om my, almal voel maar die druk van ‘n soms bitter onregverdige lewe!

Tussendeur hardloop Usain Bolt die wereldrekord in die 100m vir mans aan flarde, 9.58 sekondes! Ek onthou toe Ben Johnston destyds propvol steriods, 9,79 gehardloop het en almal gese het ons sal nooit weer daai tyd sien nie…

So tussendeur al die inbrake en die sake van die hart probeer ek ook bietjie werk inpas. Soos in my liefdeslewe het ek ook besluit om skoon te maak op sakegebied. Weg is die dae wat ek dinge vir ‘die liefde van die saak’ gedoen het. Van nou af as ek iets doen gaan jy my daarvoor betaal, as jy nie daarvan hou nie, gaan soek iemand anders wat verniet wil werk, ek wil nie meer nie en gaan nie meer nie.

Die dae waar werkskennisse vriende geword het is ook verby. Vriendskap is nie iets wat sommer net aangebied of aangeneem kan word nie. Jy kan nie vriedskap claim as jy nog nooit iets saam my gedoen het wat vriende saam doen nie. Ek het weer besef dat vriendskap, soos die liefde ook, nie iets is wat te koop is nie, en nie iets is wat net geredelik verdien kan word nie.

Al die bogenoemde is deel van my nuwe uitkyk op die lewe. Ek het nou genoeg in my lewe my kop gestamp met mense en hulle dinge…. en die hardste kopstamp was met mense wat sommer net die vriendskapsmantel aangeneem het….

Die makste honde byt die seerste, ware vriende is min en ver uitmekaar gesaai. Vir die meerderheid van jou ‘vriende’ gaan dit net oor watse prestige jy vir hulle kan beteken, of hoeveel geld hulle uit jou kan maak. Wel ek val nie meer vir daai een nie, my vriendskap is nie te koop nie en sal net op verdienste beskikbaar gestel word.

Ek probeer gister, terwyl Yolandi die soveelste oproep, e-pos, sms ontvang om haar te waarsku en om hulle ‘hande in onskuld te was’  hahaha, dis eintlik flippen lagwekkend, tel hoeveel ware ‘vriende’ ek het. Ek kom nie verder as vier nie, en hulle weet wie hulle is.

Die lagwekkende deel is dat mense dink as hulle so ses keer in jou lewe saam jou gekuier het, en jy het een of twee keer eposse met hulle gewissel, kan hulle jou ‘help’ en ‘n oordeel oor jou verhouding maak want ‘ hulle weet wat is die beste vir jou’ wat hulle eintlik probeer se is : “Jy is onnossel want jy weet nie wat jy doen nie, ek wat nog NOOIT in jou bed was, of in jou skoene gestaan het nie kan ‘n oordeel fel oor elke fynste detail van jou lewe”.

Op grond waarvan weet die vet alleen. Miskien omdat ek een keer in my lewe so 0,3% van myself met jou gedeel het…. Come on man, skrik wakker! Mense wat elke dag my blog lees weet meer van my as wat jy ooit van my, of Yolandi sal weet na 10 of 12 gesprekkies…. gaan lees al 600 en iets inskrywings op hierdie blog en dan bel jy Yolandi en vertel haar hoe ek is, anders gaan praat tjol met iemand anders.

Ek moes dit net van my lyf afkry….. ware vriende 4 – oppervlakkige aangeplakte vriendskappe en mense wat jou misbruik vir hulle eie doelwitte – BAIE! Besluit vir jouself watter een is jy!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Friends…

  1. Da Mario says:

    Goed geskryf, ek dink ek is in sommige opsigte self meer vol nonsens oor die betekenis van vriendskap en ek dink ek het al daaroor uitgevaar op my blog ook in ‘n oomblik van uhmmm … frustrasie en/of helderheid!!
    Either way, alles van die beste met die liefdeslewe!

  2. Gideon says:

    Heita Wimpie,

    Is okei so. Elkeen kan sy eie manier na dinge kyk nie. Ek kan net nie heeltemal so kompleks lewe dat ek die heeltyd wil wonder oor mense se motiewe nie. Miskien is ek nog nie sinies genoeg nie, of miskien is ek net nie belangrik genoeg nie. Ek kan daarmee saamleef om enigiemand in my invloedsfeer as vriend te aanvaar en deel daarvan is om hul gebreke of swakhede te aanvaar.

    Iemand het een keer vir my gese dat alle vriendskappe word gebore uit selfsug. Miskien is dit waar. Die belangrike din vir my is uitendelik nie wat die oorsaak van die vriendskap is nie, maar die potensiaal van die vriendskap, en dit is twee verskillende dinge. Oorsaak teenoor potensiaal. En potensiaal is soveel meer as die moontlike selfsugtige redes waarom dit begin is.

    Die lewe is te kort om te wonder – ek geniet liewers die ride. Dit maak my nie naief nie, maar ‘n keuse waarin ek inloop met oop oë. By daai plek sien jy die skelms ‘n myl ver en aanvaar jy die swakheid van mense. Hoofsaaklik omdat ek self weet van my eie swakheid en geheime persoonlikheidversteurings ;) .

    -Gideon-