Ek’s terug!

Ek kyk toe die eerste keer, en teen my beter wete in Boer soek ‘n vrou, tydens nog ‘n aand van insomnia Maandagaand…

Wat ‘n klomp strooi, as ek daai spul boere so kyk, kan ek nogal verstaan dat hulle hulself tot die televisie moet wend om ‘n vrou te kry… Vet weet daai Ludwig karakter het omtrent die persoonlikheid van ‘n babalas poep op ‘n Sondagoggend na ‘n laat Saterdagaand.

Ek het verlede week bietjie ‘n breek van die Internet gevat om bietjie perspektief op my lewe te kry….. ‘n lewe wat ‘n besonderse moeilike paar weke vir die uwe ingehou het.

Die moeilikste ding wat ‘n mens in jou lewe kan doen is selfondersoek en nabetragting. Dis gewoonlik te laat maar na so baie mislukte verhoudings begin ek dink die fout le dalk by my!

Hoe dit ookal is, ek het besluit om ‘n paar dinge in my lewe te verander en te erken ek is nie ‘n expert op die gebied van verhoudings nie. Ek dink dis tyd om te settle en miskien weer te dink aan die trou ding….. Ja ek hoor jou vra, met wie nogal…. dis ‘n goeie vraag, ek weet wat ek dink, maar ek glo nie sy deel die sentiment nie. Ek gaan probeer, ek dink nie God sal nog iemand op my pad plaas nie, iewers moet selfs God moeg raak vir my!

Anyway, ek het die besluit geneem om myself reg te ruk en ander mense se gevoellens in ag te neem, en dit was nie ‘n maklike besluit nie. Ek kan maar net probeer en dis wat ek gaan doen.

Ek het ook belangrike besluite geneem wat my toekoms aanbetref, wat dit is sal ek so met die week uitlap. Ek het Saterdag die voorreg gehad om weer agter ‘n mikrofoon in te skuif en hoewel ek gedink het die eerste vyf minute was ek bietjie verroes, was ek meer as tevrede met die res gewees…

Wat ookal gebeur, die week wat voorle gaan twee dinge wees, eerstens kort, en tweedens interessant en ‘n week wat die rigting van my lewe gaan bepaal! Bring it on!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Ek’s terug!

  1. Daniel says:

    Hey ou… Dis bad dat jy deur so n tyd gaan.
    Maar dalk is dit dat jy te veel op mense vertrou wat jou kan “drop”.
    Die een persoon wat jou nooit sal,kan of wil “drop” is God.
    Praat bietjie met Hom ook oor jou problems!Hy is cool Hy is n vriend Hy is n pa en Hy is altyd daar!(dit rym ook bietjie)
    maar nou ja try dit .
    God bless jou W
    D

  2. Ina says:

    Hey God sal nooit moeg raak vir jou of enige iemand anders nie

  3. Erika says:

    Wimpie sies jy kroek! Niks op fb nie, maar hier blog jy. LOL

  4. Mari says:

    Ai Wimpie, bly op jou kniee, ek doen, al het ek nog nie die regte een gekry nie, weet ek dat ek wel eendag hom sal ontmoet. Bid en aanhou bid is al wat help. Is jy al terug by Oosrand? Die rede hoekom ek nie weet nie, is dat ek ophou luister het toe jy weg is..lol…

  5. Erika says:

    Jy het nog nie laat weet watter tye jy op RSG is nie. Ek wil jou graag hoor man!