Dealing with dealing with it…. of iets!

Niemand het ooit gereken iemand gaan lewendig uit die lewe kom nie…. Micheal Jackson sing van “don’t go around breaking young girl’s hearts”…. Hy kon net sowel bygevoeg het “some day it’ll come back and bite you in the arse”.

Hoe dit ookal sy, hierdie is gewis die ergste breakup van my lewe…… en ek het so gewens ek sal nie weer deur ‘n breakup hoef te gaan nie, wys jou net hoe verkeerd kan mens wees….

Aan die ander kant kan mens nie vir altyd sit en sanik oor iets nie, die lewe moet aangaan en so begin ek stelselmatig vrede maak daarmee dat vrouens nie altyd reg is nie, kinders is nie altyd reg nie en mens se ouers ook nie…. soms moet mens verantwoordelik aanvaar vir jou deel in die tragedie, ek het, ek hoop net almal kan dieselfde se.

Ek sal nie sommer weer hieroor skryf nie, maar ek voel ek moet neerpen die gevoellens wat ek het. Die eeste en grootste gevoel is een van magteloosheid, gaan hand aan hand met ‘n gebroosde ego.

Die volgende gevoel wat gebeur is woede….. hoe kan jy dit aan MY doen…. hoe kan jy toelaat dat mense sulke goed van my se, en jy se jy was lief vir my??

Dan is daar frustrasie…. maar ons kan dit laat werk, ons het nie hard genoeg probeer nie….

Dan is daar teleurstelling….. wat het ek ooit aan so en so gedoen om sulke behandeling te verdien, ek was net goed vir almal….

Volgende is hartseer wat wegsak in ‘n eenvoudig bodemlose put waar jy jouself nie kan sien opstaan nie.

Vir my is vredemaak volgende op die lysie, vredemaak met die feit dat liefde nie altyd wen nie, die ou nie altyd die girl kry nie en Rocky nie altyd die fight wen nie….. maak nie saak wat Hollywood en Shakespeare te se het nie!

Dan laastens aanvaarding van jou lot, jy kan een mens jou maak raaksien vir wie jy is maar nie die hele land nie, dis so maklik soos dit. Dis ook die gevaarlikste gevoel want dan is dit werklik verby en weet jy, jy kan nie meer seergemaak word nie want wat ookal verder gebeur gaan nie so erg wees as toe die aanvaarding jou getref het nie!

Dit vat ‘n rukkie om daarby uit te kom en al wat dan oorbly is die wete dat die gelukskoppie jou (weer) nie beskore was om uit te drink nie, en dan die hoop dat jy genoeg lesse uit hierdie mislukking geleer het om die volgende girl aan jou sy ‘n beter kans te gee.

Dan gaan klim jy in die bed wanneer jy dink jy het alles onder beheer en slaap jy…. vir die 12e aand in ‘n ry 2 ure…. en jy besef jy is nog nie oor dit nie, en jy gaan nie gou wees nie…. elke mislukte verhouding, met enigiets, los ‘n merk en ‘n litteken, ek is al so gescar ek gaan nooit iemand kry nie hehehe!

Anyways, moenie worry nie, sy lees nie hier nie, so ek kan maar pretty much my gevoellens wys… ek het seer dammit, ek wil nie met mense praat nie, ek wil my tyd he, ek wil rou, ek wil oor haar kom, ek wil haar terughe, ek het haar nog lief, ek wil net ‘n beter mens hier uitstap maar die vet weet dis so moeilik, en helaas….. die vet weet dit gaan nooit weer werk nie, te veel dinge het gebeur…. se sy mos!

Nou ja, die gevoellens is verwoord, hier op my dagboekie, ek weet en sal onthou hoe dit gevoel het, maar die lewe het ‘n snaakse manier van aangaan, met of sonder jou daarin…. o ja het ek al genoem dat jy op ‘n kol jou kar wil vat en 250km/u in ‘n muur vasry…..? Dan raak jy bang jy gaan nie dood nie of hulle vang jou dalk teen daai spoed!

Vanaand is ek saam met Raymond Ray by Barrels in Alberton, kom koop my ‘n tequila as jy kans sien om in my hartseer gesiggie vas te kyk…. en dankie Raymond, vir die mooi SMS’ie van nou die aand, in plaas daarvan dat ek vir jou ‘n steunpilaar is, is jy dit toe nou vir my! Dankie my bra!

More is hierdie blog weer terug na normaal….. ek…. wel ek gaan nie wees nie, maar ek gaan my glimlag gesiggie vir jou opsit en JY sal nooit weet nie… miskien hou ek daai gesiggie op vir die res van tyd…. vir my om te weet en niemand anders om uit te vind nie!

Micheal Jackson is dood voor die song klaar geskryf is….. ek ook…

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.