Alles gebeur so vinnig…

Ek was die afgelope twee dae besig om aan ‘n nuwe model te werk. ‘n Nuwe model wat moontlik ‘n opskudding in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf kan bewerkstellig en een wat gaan veroorsaak dat platebase hulle geld gaan moet sit waar hulle geld is.

Die idee is dat ‘n platemaatskappy genoeg geloof in ‘n kunstenaar gaan moet he om actually geld in daai kunstenaar te investeer, en omgekeer. Die kunstenaar gaan moet bereid wees om die paadjie met die platemaatskappy te stap en alles te deel…

Ek weet dit gaan nie nou veel sin maak nie, maar glo my daar is baie meriete in wat ek probeer se. Dis egter nog in babaskoene en ver van klaar af, daar is nog baie om te doen en baie detail om uit te werk. Kom ons se maar net vir nou is ek opgewonde, amper so opgewonde as wat ek was om te hoor daar is ‘n gemeenskapradiolisensie wat besig is om uitgereik te word in Nigel aan ‘n uiters dinamiese maatskappy wat GROOT kompetisie vir sekere ander radiostasies gaan wees en wat gelyke mededinging gaan voorstaan.

Dit wat ek so in die verbygaan vinnig gesien het is uiters professioneel en baie belowens, hulle hoop om reeds volgende jaar op die lug te wees….. o ja…. en hulle is op soek na ‘n breakfast show aanbieder en ‘n middag show aanbieder…. uhm … en hulle gaan salarisse aan omroepers betaal… as jy belangstel laat weet maar en ek sit jou in kontak met die regte persoon/persone!

So ek het ‘n rede gehad hoekom ek nie gister geblog het nie. Ek was rerig besig gewees!

Al die opgewondenheid is besig om my weer in die bui te kry vir die toekoms, ek sien uit daarna.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.