Die naweek is verby en die nuwe week le voor.

Geluk aan die Bokke hulle lyk onstuitbaar in die drienasies en geluk aan my span, die WP is vir die eerste keer in ek weet nie hoeveel jaar, bo-aan die Curriebeker punteleer.

Ek het die WP en Sharks wedstryd gekyk en was baie teleurgesteld met die gehalte van die twee spanne se rugby. Die leeus en die Bulle was ‘n baie beter wedstryd, miskien is dit net omdat die Bulle verloor het, dis altyd ‘n blye dag!

Raymond Ray is siek en ons moes noodgedwonge die video shoot uitstel. Die arme ou het nie ‘n stem nie en dis ‘n lang en harde week wat voorle vir hom, hy tree Woensdag op, Vrydag is hy by Foxy’s Cave, Saterdagmiddag by Thabazimbi en Saterdagaand is hy by die Varkfees in Heidelberg. Hy moet ruskans kry, die video sal twee weke moet wag.

later

Wimpie

PS: Daar is ‘n nuweling in die van der Sandt huishouding…

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to

  1. Michelle says:

    Geluk met die nuweling in die huishouding. Hopelik gaan jy darem bietjie meer inligting later vir ons gee.

    Hoop Raymond raak gou gesond. Daai is nou een outjie wat ‘n groot toekoms in die musiek bedryf het. Jy kan met rede trots op jouself en hom wees.

    Groete.