‘n Nooit weer – naweek dankie…

Pa se kind...

Pa se kind...

Ard van Just Jinjer

Ard van Just Jinjer

Die naweek het ‘n einde gebring aan een van die ergste weke van my lewe, gelykstaande in intensiteit en spanning aan die laaste week in Februarie 2008….

Die klipdrift BOTB se final was Saterdagaand gewees en baie geluk aan Mrs. B wat die nuwe Klipdrift kampioene is. Voor ek daarby kon uitkom was daar eers die emosie van ‘n pa wat sy dogter moes sien transformeer van ‘n dogtertjie na ‘n pragtige jong vrou vir haar matriekafskeid.

Pa was trots, trots en hartseer, my dogter het stunning gelyk en oornag ‘n vrou geword, die wereld was verkeerd en ek wasgatvol…. sommer net vir alles, Vrydagaand toe gaan ek op my bekende walk-about’s, wanneer ek sommer net wegraak, my selfoon afsit en wimpie-tyd met myself gaan he… en dan wanneer ek terugkom van dit af weet ek gewoonlik wat om te doen en hoe om dit te doen en dan is dit net ‘n geval van doen…

Saterdagoggend vroeg reeds by Carnival City gerapporteer vir die Klipdrift final, en wat ‘n vertoning was dit nie gewees nie. Al vier bands in die final was ongelooflik goed gewees en daar was bitter min te kies tussen die bands.

Die ses beoordeellaars, Wimpie Rudolph, Riaan Groenewald, Andre Leibrandt, Henry Bruinnette, Ard Matthews (Just Jinjer) en Marco Gomes (basspeler van Prime Circle) het hulle hande vol gehad.

Geluk aan Mrs. B wat die kompetisie gewen het en die tweede wenner van die Klipdrift BOTB geword het en die leisels by Scintillate oorvat.

Just Jinger

Just Jinger

Die judges

Die judges

 

Dankie aan Gideon van Zyl vir die stunning foto’s wat julle hier sien en vir jou vriendskap Gideon…

Nou ja die lewe gaan aan en so gaan hy ook aan vir my, dis op die donkerste in die nag net voor die son opkom….

My wimpie-tyd het baie gehelp en ek is besig om die leisels weer bymekaar te vat soos dit hoort.

 

6600_145031219664_558729664_3182120_2423660_s1

Mrs. B

Mrs. B

Later

Wimpie.

PS. Geluk Mrs. B, dankie aan Klipdrift, Carnival City, die klankmanne, Ard en Just Jinjer, die beoordeellaars, en almal wat betrokke was by BOTB 2009, julle was ongelooflik die afgelope 15 weke!

 

6600_145044909664_558729664_3182382_571729_s16600_145030924664_558729664_3182077_429619_s11

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to ‘n Nooit weer – naweek dankie…

  1. Ina says:

    Baie geluk. Janine lyk pragtig

  2. Michelle says:

    Baie geluk Wimpie.

    Rea le Roux het sopas die op Facebook gesit:
    It is well worth reading!!!!

    Then last but most certainly not least – congratulations to Mrs B who won
    the Klipdrift Battle of the Bands 2009!

    This is a talent competition to find SA’s top Rock band – and believe me the competition is tough – we wish you guys ALL the best! and a little bird
    let us know that you might be opening for SEETHER in SA soon!!

    This group will keep everyone posted about tickets and dates for the MRS B / SEETHER show! I will most certainly be fighting for a backstage pass to take pics :)

    For the love of music and artists
    Rea le Roux
    Editor in Chief