Realiteite en 94.7!

Bie dankie aan Zane van 94.7  Highveld vir ‘n great uur lange onderhoud gisteraand op Homebrew vir Saterdag se Klipdrift Battle of the Bands Final by die Big Top Arena by Carnival City.

Alles is nou reg en in plek en ek kan nie meer wag nie.

Felipe Massa was die afgelope naweek in ‘n reuse ongeluk in sy bloedrooi Ferrari Formule 1 kar en het ons weer herinner hoe gevaarlik die sport is wat die renjaers so maklik laat lyk! Sterkte…

Ek is weer oor die naweek pynlik teruggebring aarde toe wat my geloof in lojaliteit en vriendskap aanbetref en my onwrikbare geloof in mense, vriendskappe en dinge. Niks in hierdie wereld is soos dit op die oog af lyk nie, niemand is so lojaal teenoor jou as wat jy dink nie, en almal, gegewe die geleentheid, sal loop en twak praat van jou agter jou rug, maak nie saak hoe goed jy vir hulle is of hoe lojaal jy teenoor hulle is nie.

Lojaliteit is nie onderhandelbaar in my lewe nie en ek sal moet ernstig gaan besin oor wie watse lojaliteit in my lewe verdien.

Dis egter persoonlik en vir my om te bepaal wie afgeskryf word uit my lewe uit, dis so eenvoudig….. en gekompliseerd as dit. Tyd vir ernstige nabetragting oor…. die lewe…. mense…. en dinge…. inderdaad!

Hey gaan kry jou kaartjies vir Just Jinjer…. dankie Ard vir gisteraand se stunning interview…. by www.computicket.com

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Realiteite en 94.7!

  1. Gideon says:

    Die lewe is te kort om wrokke te dra, Wimpie en die lewe is te kort om oor goed te worry oor goed wat mense dalk gese het.

    Ek sien uit na die finale van die Battle of the Bands.

    -Gideon-

  2. Wimpie says:

    ek hoor jou G, en dis nie dat ek so kwaad is ek gaan ‘n wrok dra nie….. ek dink dis net bloot absolute teleurstelling meer as enigiets anders!