NB. Vanaand se reelings…

klipdrift-battle-of-the-bands-final-11Die groot aand is hier….. Dis tyd vir die laaste uitdun van die 2009 Klipdrift Battle of the Bands.

Die laaste reelings vir vanaand lyk so:

Die semi’s sal presies om 19H00 begin, daar is 13 bands wat deurgedring het en hulle het almal bevestig dat hulle daar gaan wees. Ons kan nie een minuut laat begin nie. Elke band gaan streng net tien minute set-up tyd gegun word.

Omdat die belangstelling so groot is stel ek voor toeskouers kom so vroeg as moontlik by die venue aan. As jy by die Supersportbar kom sal jy reeds by die hoofingang gevra word om te betaal. Toegang vanaand is R20 per persoon, dis R10 meer as die gewone R10 ek weet, maar daar is ekstra uitgawes soos kameramanne wat die verrigtinge afneem en ‘n ekstra PA stelsel wat die klank na buite in die groot kroeg sal uitspeel.

Toeskouers sal die aksie ook buite op die grootskerms kan volg. As jy by die Supersportbar inkom is die regterkant uitgesit vir die BOTB en die linkerkant van die kroeg vir gewone klante. As jy nie regs ingaan en ‘n kaartjie kry nie sal jy nie deel van die semi’s kan wees nie want daar sal afskortings wees waar jy nie verbygelaat sal word nie.

Die beoordeellaars sal hulle telkaarte by hulle hou tot aan die einde wanneer die telkaarte aan my oorhandig sal word wanneer die laaste band klaar gesing het.

Daar is ses beoordeellaars vanaand en om deursigtigheid te verseker sal die finale puntestand soos volg bereken word:

Elke beoordeellar se punte sal uit 150 toegeken word. Om te verseker dat hulle nie hulle eie gunsteling band kan bevoordeel nie sal die ses tellings gevat word, die hoogste punt en die laagste punt sal uitgegooi word en die vier wat oorbly sal bymekaar getel word en dit sal die totaal wees.

Die toeskouerspunt sal 5 punte tel op die einde…. Die band wat die meeste ondersteuning geniet sal 5 punte bykry, en glo my dit het al in die verlede ‘n verskil gemaak.

Daar sal ook vanaand kaartjies te koop wees vir die final op 1 Augustus 2009 met Just Jinjer in die Big Top Arena. Kaartjies by Computicket kos R140 maar jy kan dit vanaand by my kry vir R100.

Dit in kort is die reelings vir vanaand, geniet dit en gebruik hierdie platform om jou stempel af te druk!

Sterkte en sien jou daar!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to NB. Vanaand se reelings…

  1. Da Mario says:

    Sterkte met alle reëlings, 13 bands vanaf 7 uur vir R20 klink na goeie waarde vir geld en asof jy lekker rondspring. Ek en Karin gaan ons bes doen om julle te kom join en natuurlik om MURG te ondersteun!
    As alle beplanning mooi loop en ons verdwaal nie te veel daai kant toe nie sien ons julle vanaand!