Klipdrift BOTB, semis is hier!

Alles is in volle swang vir die semi’s van die Klipdrift BOTB wat more plaasvind by Carnival City… Dertien Bands is deur en dis belangrik om te let op die volgende…

Waar ons in die verlede elke Dinsdagaand om 20H00 begin het sal dinge die keer om 19H00 afskop. Al dertien bands in die semi’s begin op 0 en niemand sal op hulle louere kan rus na eerste rondte vertonings nie. Ek sal al reeds moremiddag vroeg by die Supersportbar wees om seker te maak alles is reg en in plek.

Daar is geen gunstelinge nie, die be-oordeellaars se punte sal by hulle weggevat word direk na elke band klaarmaak en ek sal as organiseerder die keer nie by die be-oordeellaars sit nie maar ek sal saam met my assistent op ‘n ander plek in die gehoor sit.

Sterkte aan almal wat betrokke is, daar is vier plekke oop, gryp hierdie kans met albei hande aan, maak seker jy kom ordentlik voorbereid en om die ou cliche te herhaal….. ‘break a leg’.

Die belangrikste van alles…. GENIET DIT!

More oggend gee ek die volledige program vir die semi-final.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.