BOTB Live op Homebrew op 94.7!

Sondagaand om 19h00 is ek en Ard van Just Jinjer en elkeen van die vier bands wat die final van die Klipdrift BOTB gehaal het live op Homebrew 94.7 saam met Andre van Scintillate.

Skakel gerus in die gaan lekker wees om weer bietjie agter ‘n mikrofoon in te skuif ;-)

Ek het gister Daantjie Dinamiet se review van Raymond se CD geniet.

Hoewel al hoe meer kunstenaars deesdae op die Afrikaanse musiektoneel versyn, is daar min van hulle wat die woorde en musiek vir feitlik al hul liedjies skryf.
Die jongste kunstenaar wat ook sy merk as liedjiskrywer maak, is Raymond Ray, wie se eerste album, Koel my af, onlangs vrygestel is. Plek in my hart, die eerste snit op die album, is een van ‘n hele aantal snitte op die album wat trefferpotensiaal het. Veral die jongmense sal van die volgende snit, Sê my (Liefies jou baie) hou. Do you is een van twee Engelse snitte op die album, en Raymond bewys hierop dat hy net so goed Engels as Afrikaans kan skryf en sing.
Skelmpie is eenvoudig skitterend, veral die kitaarwerk, maar ‘n mens wonder hoeveel jongmense die woorde ernstig gaan opneem. Net jammer hierdie snit is so kort. Die titelsnit is nog ‘n snit wat gewild kan word. Naby my is die enigste snit wat Raymond nie geskryf het nie, en dis dalk hoekom die lirieke nie op die omslag voorkom nie. Dit is geskryf deur Johan Ferreria, wat onder die naam Joe F sing, en self al drie baie goeie albums vrygstel het. Joe het al heelwat treffers vir homself geskryf, en met hierdie snit behoort Raymond die kol te tref.
Calling is die eerste rustige snit op die album, en die akoestiese kitaarwerk daarop is baie goed. Miskien sal radiostasies wat nie gewoonlik Afrikaanse musiek speel nie, in hierdie snit belangstel. Op Bietjie bietjie anders bewys Raymond dat hy lekker kan rock, en dis seker een van die beste Afrikaanse rock-liedjies sedert Joe F se Hou my vas drie jaar gelede verskyn het. Gif sluit aan by Skelmpie, en ‘n mens hoop dat die jongmense mooi na die woorde van hierdie snit sal luister. Kannie glo is wel die laaste snit op die album, maar dit kan maklik ook een van die treffers word.
Aan die een kant is dit ‘n jammerte dat hierdie CD so kort is, want jy begin net lekker luister, dan is dit verby. Aan die ander kant het Raymond tien baie goeie snitte ingesluit, en daar is nie een “weggooisnit” op hierdie album nie. As hy die regte blootstelling kry, kan hy baie gewild word!

Ek het ook so in die stilligheid die einde van nog ‘n verhouding bereik. Ek is jammer dit het nie uitgewerk nie, sal altyd aan jou dink al is ‘n eks ‘n eks vir ‘n rede…..

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to BOTB Live op Homebrew op 94.7!

  1. Da Mario says:

    Daantjie tref die kol! Dit bly darem maar ‘n lekker album daai!

  2. nickey says:

    Wimpie, bly dinge gaan goed. Ek wonder net of jy nie maar bietjie moet wag met verhoudings nie. Sover werk dit nie en baie hartjies word gebreek. Een dag wanneer jy nie meer soek nie sal sy voor jou staan en jou voete onder jou uitbreek op n oomblik wanneer jy dit die minste verwag. Jou lewe sal net om haar wil draai.
    En onthou moet nooit deure agter jou toemaak nie.

    Lekker week en onthou om die klein dingetjies nog in die lewe raak te sien.
    Groete